Misdaadsyfer daal; plaasmoordsyfers verswyg

Die misdaadstatistiek word voorgelees. Foto: EWN

Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het vandag aangekondig dat die meeste misdaadsyfers vir die 2011/2012-boekjaar gedaal het.

Mthetwa en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het die misdaadstatistiek in die parlement bekendmaak. Die moordsyfer is met 3.1% af, verkragting het met 1.9%  gedaal en huisroof is 1.9% laer as verlede jaar. Besigheidsroof het egter met 7.5% gestyg.  Dwelmverwante misdade is 15,6% hoër as verlede jaar, terwyl daar ʼn afname in kapings, transitorooftogte en bankrooftogte is. Die Oos-Kaap se moordsyfer is die hoogste met die Wes-Kaap kort op sy hakke.

Mthethwa het gesê plaasmoorde se syfers is van die algemene statistiek uitgesluit en dat die meeste voorvalle as gevolg van loondispute plaasgevind het.

Intussen het die burgerregte-organisasie, AfriForum, gesê hulle is skepties oor die akkuraatheid van die misdaadstatistiek.

“Die daling in die aantal kontakmisdade is ʼn welkome verligting en AfriForum verbind dit direk met die styging in gemeenskapsbetrokkenheid in die geveg teen misdaad. ʼn Afname van 11,9% vir kapings kan ook aandui dat mense meer ingelig raak en beter stappe teen kapings neem. Gemeenskapspatrollies en -kommunikasie het die afgelope 12 maande baie verbeter en waaksame burgers kon tot ʼn groot persentasie van dié afname bygedra het,” het die organisasie gesê.

“Dit mag waar wees dat die statistiek aangemelde misdaad weergee, maar dis ook ʼn feit dat sekere polisiestasies in baie gevalle versuim om dossiere oop te maak en alle moontlike klagtes wat teen die oortreders gelê kon word, by te voeg om die werklike misdaadprentjie te verbloem.”

Volgens Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het AfriForum-lede die afgelope maande baie hieroor gekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marietjie Griffiths ·

Baie beslis word getalle verbloem…wonder of die owerheid dink hulle is te doen met n klomp onnosel mense…ons eet nie meer julle statistieke vir soetkoek op nie….President Jacob Zuma het nie die guts om sy voet neer te sit teen die bandeloosheid en wreedaardige plaas aanvalle nie….Hulle daar bo kan sorg dat dinge beter gaan met die publiek…maar is natuurlik ook bang vir wraakaanvalle…maar sodoende gaan moord en doodslag aan asof dit eerste prioreteit in Suid Afrika geword het.,..niemand kom met oplossings nie…tot hier weer boere n plan beraam om dinge self reg te ruk..en die keer gaan hulle nie weer gestuit word nie,……groetnis

Monique ·

Ek wonder ook maar hoe akkuraat is die statistiek gegewe hoe korrup ons regering is, hoe kan ons hul glo? En lees ek reg? Moordsyfer is af maar plaasmoorde is uitgesluit van die statistiek, hoe werk dit?

Annatjie Sandrock ·

Dis sinneloos om sg. redes aan plaasmoorde te koppel wat dit sagter laat klink en ‘n boodskap uitstuur van dis hul eie skuld. Tyd dat die regering begin pa staan vir hierdie aanvalle en aksie neem.

Jean Niemand ·

ag asb toe ons nog skole gehad het wat ons verstand gegee het het ons geleer hoe om dit te gebruik eintlik is julle besig om ons te beledig om ons intelek so te onderskat daar is geen manier dat julle die waarheid praat nie Plaasmoorde gaan oor lone sies man kry einde of gee die werk vir mense wat werk en nie lieg nie

Nicoline ·

Siestog,ja….ons glo ook nog dat Wolf vir Rooikappie heel ingesluk het(en toe nog lewend daar uitgekom het)!!!

Chris Visser ·

Dis tyd dat statistieke deur ‘n buite instansie los van die regering gedoen word. Dit het die laaste jare ‘n politieke instrument geword en is daarom totaal ongeloofweaardig.

SANETTE HENNING ·

Shame en hul glo hulself Word wakker ANC dit gaan al k@kk*r en nie beter dalk op hul onvolledige stats want as als dan so agteruit gaan en niemand het meer trots waarom sal hul moeite doen om misdaadsyfers op datum te hou

Abotha ·

Dis die grootste snert, wie dink hulle bluf hulle, daar is byne elke twede dag n moord, hou op lieg !

Abotha ·

Elke een van die wat sy hand aan n lewe geslaan het SAL voor God verskyn en vir Hom kan jy nie lieg nie want Hy sien en weet als….ek wil nie in jou skoene staan nie moordenaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.