Misdadigers skuil glo in reuse tonnelnetwerk onder Durban

Durban-hawe

Die Ethekwini-metropolisie in Durban het op ‘n netwerk van tonnels onder die stad se strate afgekom wat glo deur misdadigers as wegkruipplekke gebruik word.

RSG berig dié “ondergrondse netwerk” strek oor ‘n afstand van nagenoeg vier vierkante kilometer tussen die stad se hawe en Glenwood.

Eugene Msomi, die metropolisie se woordvoerder, het gesê dwelmmiddels is in die tonnels gevind en hulle het reeds ‘n aantal mense verwyder wat daar gebly het. Volgens Msomi gaan die metropolisie saam met die stadsingenieurs werk om die tonnels skoon te maak en te sluit.

“ʼn Ondersoek sal ingestel word na die moontlikheid om ligte aan te bring sodat die tonnels behoorlik deursoek kan word vir nog dwelms en mense wat daar woon. Dit wil voorkom of die tonnels deur buitelanders en plaaslike mense beset word,” het hy gesê.

Bron: RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Kan ek ‘n pomp skenk aan die Metro, dan herlei ons die Umgeni tot in die tonnels – dit sal hulle skoonmaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.