Die VF Plus is van mening dat misdadigers nie meer die gereg vrees nie. Dit volg nadat ʼn senior Gautengse polisiebeampte se liggaam Dinsdagoggend in ʼn veld buite Pretoria gevind is.
“Die moord op maj.genl. Tirhani Simon Maswanganyi, streeksbevelvoerder van Johannesburg en die Wes-Rand, is buiten die minagting vir lewe ‘n aanduiding dat misdadigers geen vrees vir wetstoepassingsagentskappe meer het nie,” het Jaco Mulder, VF Plus-LPW en lid van die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid vir Gauteng, in ʼn verklaring gesê.
Hy het gesê die moordenaars het duidelik, ongeag die motief, geen vrees vir wetstoepassing of vervolging nie, en lyk dit asof die gevestigde misdaadkultuur in Suid-Afrika verskerp het tot ‘n uittarting van gesag.
“Hierdie buitengewone omstandighede is ‘n wekroep tot beter leierskap in die veiligheidsgemeenskap as wat tot dusver getoon is,” het Mulder gesê.
Lees ook:
Beloning aangebied ná senior beampte se dood
Polisieman se dood ‘n ‘sinnelose slag’
Vermoorde polisiebeampte se naam bekend gemaak
Senior polisieman dood aangetref
Watter gereg? Huidige gereg is 80% ons nie goedgesind nie?
Die klomp wette word in elk geval net selektief toegepas
Wat j saai sal j maai!!! Hy is vermoor deur sy drinker buddies. Ag jammer di elite drink mos nie. Nee hulle suip !!!
DIE GEREG IS IN DIE MEESTE GEVALLE DIE MISDADIGER. HY IS DEUR 1 VAN SY EIE VERMOOR.