Mislukte kontrak kos belastingbetalers R300 miljoen

geldmorsʼn Kontrak van die departement van verdediging wat gekanselleer is, het die belastingbetaler sowat R300 miljoen uit die sak gejaag ná ‘n beslissing van die internasionale kamer van koophandel se arbitrasiehof, het Business Day Maandag berig.

Volgens die berig het ʼn kontrak met ʼn Oostenrykse maatskappy, AMST, om lugvaart-mediese toerusting te verskaf, herhaaldelik sedert 2009 misluk.

ʼn Interne verslag van die departement dui daarop dat AMST beweer die departement het herhaaldelik versuim om op talle briewe te reageer om sy kontraktuele verpligtinge met betrekking tot voorafbetalings na te kom.

“Gevolglik voer AMST aan dat hy met geen ander opsie gelaat was as om die kontrak te kanselleer en die kostes van die ooreenkoms te verhaal nie,” lui die verslag. “Die kontrak maak voorsiening vir ‘n arbitrasieproses in die geval van ‘n geskil tussen die partye in ooreenstemming met die reëls van die internasionale kamer van koophandel.”

AMST het aanvanklik R477 miljoen geëis toe die verrigtinge vroeg in 2012 in Zürich, Duitsland, begin het. Die eis is in Desember verlede jaar verlaag tot R199 miljoen, maar ʼn bedrag van R296 miljoen is vanjaar in Augustus vasgestel toe die finale uitspraak gemaak is.

Siphiwe Dlamini, die woordvoerder van die departement van verdediging, het die uitspraak bevestig. Lees meer hier.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Ons soek die verantwoordelikes se name. Ek wed ons sal nooit weer n snars hiervan hoor nie.

MMP ·

Dis hoekom daar e-tol gebou word. Die geld word oral gemors en wanneer dit benodig word vir dit wat gedoen moet word, is daar nie meer geld oor nie. SWAK BESTUUR!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.