“Mislukte, worstelende” teregstelling

Dennis McGuire is tereggestel vir die moord en verkragting van Joy Stewart

Dennis McGuire is tereggestel vir die moord en verkragting van Joy Stewart

ʼn Veroordeelde man het glo ʼn paar keer na sy asem gesnak voordat hy meer as 20 minute later eers tydens ʼn teregstelling gesterf het. Dit is een van die langste teregstellings nog ooit in Ohio, Amerika.

Dennis McGuire (53) is Donderdag tereggestel vir die moord en verkragting van Joy Stewart, ʼn swanger, pasgetroude vrou in 1989.

McGuire se prokureur, Allen Bohnert het die teregstelling as ʼn “mislukte, worstelende eksperiment” beskryf. “Die mense van Ohio behoort ontsteld te wees oor dit wat vandag in hul naam gedoen is,” het Bohnert gesê. ʼn Prokureur vir McGuire se familie het aangedui hulle is van plan om die staat te dagvaar oor die gebeure.

McGuire het glo ook harde snorkgeluide gemaak en nagenoeg 25 minute het verloop vandat die dodelike middels toegedien is totdat hy om 10:53 dood verklaar is.

JoEllen Smith, woordvoerder vir gevangenisse in Ohio, wou nie kommentaar lewer oor hoe die teregstelling verloop het nie, maar het gesê ʼn ondersoek sal, soos gewoonlik, gedoen word.

Gevangenisbeamptes het binneaarse dosisse van twee dwelms, naamlik die kalmeermiddel midasolam en die pynstiller hydromorphone toegedien. Dié middels word gebruik sedert voorraad van ʼn vorige middel, pentobarbital, opgedroog het nadat die vervaardiger dit nie meer vir teregstellings wou beskikbaar maak nie. Pentobarbital word gewoonlik gebruik om katte en honde uit te sit.

Ohio het in 1999 weer met teregstellings begin en het nog vyf teregstellings wat vir 2014 geskeduleer is. Die volgende teregstelling is op 19 Februarie.

Wat glo veral ongewoon was van Donderdag se teregstelling, is dat vyf minute verloop het vandat die middels toegedien is voordat McGuire gesnork en 10 minute lank onreëlmatig asem gehaal het en ook na sy asem gesnak het. Gewoonlik vind die beweging aan die begin plaas en word dan gevolg deur bewegingloosheid van die veroordeelde.

McGuire se dogter, Amber, was saam met ander familielede ʼn ooggetuie van die teregstelling.

Thomas Madden, adjunk prokureur-generaal, het gesê alhoewel die Amerikaanse grondwet nie ʼn wrede en ongewone straf toelaat nie, is geen persoon geregtig op ʼn pynlose teregstelling nie.

McGuire het glo ʼn paar keer gepraat terwyl hy op die draagbaar vasgemaak is. Hy het die leier van die teregstellingspan glo herhaaldelik bedank. Hy het Stewart se familielede, wat ook die teregstelling bygewoon het, bedank vir die mooi boodskap wat hulle in ʼn brief vir hom gestuur het. “Ek gaan hemel toe. Ek sal julle daar sien wanneer julle ook kom,” het McGuire aan die Stewart-familie gesê.

Stewart se moord was 10 maande lank onopgelos totdat McGuire, nadat hy in verband met ʼn onverwante aanranding in hegtenis geneem is, aan ondersoekbeamptes gesê het hy het inligting oor die moord. Sy pogings om sy swaer te impliseer het vinnig ontrafel en hy is van die moord beskuldig.

DNS-bewyse het ʼn dekade later McGuire se skuld bevestig.

“Ons het hom vergewe, maar dit beteken nie hy moet nie betaal vir sy dade nie,” het Stewart se familie in ʼn verklaring ná die teregstelling gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sanet ·

Nou hoe lank het die vrou wie hy vermoor het ge-“suffer”? Geen simpatie. Well done Ohio!

Zet ·

Het die prokureur enigsins probeer om homself in die verkragte en vermoorde Joy Stewart se plek te stel, het die gebeure nie dalk nog langer geduur as hierdie monster se gesnak na sy asem en gesnorkery nie – jammer, ek het geen simpatie met hom nie.

Hanlie ·

Wel ek het geen simpatie met hom nie. Hoe moes Joy nie “gesuffer” het toe hy haar verkrag en vermoor het nie…….

ai toggie ·

Alles gebeur met ‘n doel. Dit wat met hom gebeur het noem ‘n mens karma! Dit wat jy uitdeel is dit wat jy sal ontvang!

AmY ·

Ek ook geen simpatie nie. Het sy slagoffer dan nie ook gely nie? Hy het ‘n pasgetroude swanger vrou vermoor. Dis wreed en onmenslik. Nie sy terregstelling nie.

En het hy enigsins berou getoon oor sy afskuwelike dade?

Ek is seker Stewart se familie kry nou nog swaar, al het hulle hom vergewe vir wat hy gedoen het.

Ek is seker hulle is verlig die hoofstuk in hulle lewens is nou afgesluit.

william ·

Dis mooi. sulke vuilgoed het geen bestaansreg nie. Hulle moes hom eerder aan die naaste boom gehang het.

grootbaas ·

‘N slang het vir ure na sy dood nog stuip trekkings. ..ek dink dit verduidelik dit!
Ek het geen simpatie met die moordenaar nie!

Jasper ·

Die man was verdoof en het in n diep slaap verval en begin snork. (ek snork sonder die middels). Waarvoor wil hulle die staat dagvaar, pyn en lyding ? Hy het nie naastenby dieselfde pyn, angs en lyding as sy slagoffer meegemaak nie.

Gideon Erasmus ·

Hoe wens ek nie ons “slim regering” wat so al om die wêreld vlieg om altyd kers op te steek in die buiteland, kan bietjie in Ohio gaan sien hoe dit gedoen moet word. Ons misdaad sal daal dat ons weer rustig kan wees soos in die 70’s.

christine ·

wens ons regering gaan steek bietjie daar kersop, daar sal baie minder moorde wees as dit weer hier gewettig word, maar dit moet in die openbaar gedoen word, ander moet kan sien en afgeskrik word

JD ·

Maroela Media….ek wens julle sal in die toekoms weier om kommentaar wat so deurspek is van Engelse woorde en persone wat Afrikaans so verkrag, te plaas!!!

Dit maak my regtig keelvol as ek dit moet lees, want ek kan dit nie verdra nie!!!

Dan ·

Ek voel niks vir hom nie, jammer. Die wet moet verander word sodat jy op presies dieselfde wyse tereggestel word as die manier wat jy gebruik het om die slagoffer te vermoor. Hy het twintig minute lekker op ‘n bed gelê voor hy dood is, hoe lank het sy slagoffer gely en geskree van pyn en vrees?

Lynni ·

Amerika moet beskuldiges gouer teregstel. Nie 25 jr wag na die daad ggepleeg is nie. Want beskulige probeer in daai tyd oral simpatie soek. Stel teregstel binne 1 jaar. Terwyl die daad nog vars is. En ons in SA kan kerm en kerm, die doodstraf sal nooit weer terugkom nie. Ons almal weet hoekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.