Miss Piggy sal Clooney en Pitt tydens BAFTA ondervra

Hollywood-sterre George Clooney en Brad Pitt sal Sondagaand tydens die BAFTA-rolprenttoekennings op die rooi tapyt deur Miss Piggy ondervra word.

Die glansryke pienk ster van die Muppets is besig om haar flankeervaardighede op te skerp om ʼn goeie indruk te skep wanneer sy die genomineerdes in die Beste Akteur-kategorie tydens die Britse Akademie se Rolprenttoekennings (BAFTA) vir 2012 gaan ontmoet. Die genomineerdes sluit in Clooney, Pitt, Michael Fassbender, Gary Oldman en Jean Dujardin van The Artist. Die BAFTA-seremonie vind by die Royal Opera House in Londen plaas. “Verbeel jouself, manne soos Clooney, Dujardin, Fassbender, Oldman en Pitt tydens die hoogtepunt van hulle loopbaan, en hulle kry uiteindelik die geleentheid om met die een en enigste moi te gesels – Miss Piggy!” het sy gesê. “Natuurlik sal ek net vrae vra wat moi sou waag om te vra.” Miss Piggy het reeds talle rolprenttoekenningseremonies bygewoon. Sy het in 1981 saam met haar mede-Muppetster, Kermit, by die Oscars opgedaag en Whoopi Goldberg in 1996 by die Oscars vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.