Miss Piggy se “ma” sterf

Jane Nebel. Foto: AP

Die skepper van die gewilde Muppet Show, Jane Nebel Henson, is in 78-jarige ouderdom aan kanker oorlede.

Henson het die reeks saam met haar man, Jim, geskep. Hulle het mekaar juis ontmoet toe hulle in 1954 saam op ‘n poppespelkursus aan die Universiteit van Maryland was. Die Muppets is die volgende jaar geskep.

Jim is reeds in 1990 oorlede.

Benewens Miss Piggy is ook ander gewilde karakters vir die Muppet Show geskep, soos Kermit die padda, Gonzo en Beaker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.