“Misverstand” oor Nkandla-foto’s

Voorblaaie van koerante op 22 November 2013

Voorblaaie van koerante op 22 November 2013

Die media het ʼn opdrag van die kabinet oor die publikasie van foto’s van pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, verkeerd verstaan, het ʼn woordvoerder vir die regering Vrydag gesê.

“Die regering het nie ʼn probleem dat die media foto’s van nasionale sleutelpunte, insluitend die Nkandla-woning publiseer nie, aangesien dit deel is van hul daaglikse pligte,” het Phumla Williams, waarnemende hoof van die regering se kommunikasie-afdeling (GCIS), gesê. “Om egter die veiligheids- en sekuriteitskenmerke van nasionale sleutelpunte te vergroot is ʼn uitdaging, aangesien dit ʼn gevaar kan inhou vir nasionale sekuriteit.”

Verskeie koerante het Vrydag foto’s van die Nkandla-woning gepubliseer ná ʼn waarskuwing deur Siyabonga Cwele, minister van staatsekuriteit, dat dit onwettig is. Klik hier om meer te lees.

Williams het in ʼn verklaring gesê dit wil voorkom of die media die opdrag verkeerd verstaan het en dat beriggewing oor die saak uit verband geruk word, en dit verskaf nou ʼn oneerlike beeld aan die publiek. “Die publikasie van sekuriteitsmaatreëls van Zuma se huis verskaf direkte toegang en kan ʼn gevaar en risiko inhou vir die veiligheid van die staatshoof.”

Die GCIS doen ʼn beroep op die media om ʼn verantwoordelike standpunt in te neem deur nie “sekuriteitskenmerke van enige nasionale sleutelpunt” te publiseer wat nasionale veiligheid kan bedreig nie.

Cwele het Donderdag in die parlement gesê om foto’s van Nkandla te publiseer, is onaanvaarbaar kragtens die Wet op Nasionale Sleutelpunte en sal nie in enige demokrasie geduld word nie. Klik hier om meer te lees.

Nathi Mthethwa, minister van die polisie, het gesê Zuma is die slagoffer van ʼn smeerveldtog wat dit wil laat voorkom of hy belastingbetalers se geld gebruik het om vir sy privaatwoning te betaal.

Lees ook:
Media publiseer steeds Nkandla-foto’s
Redakteurs ongeroerd oor Nkandla-foto’s
“Geen foto’s van Nkandla nie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PURE BOER ·

Wat???????? nee wat, hulle praat hulself nou so vas, lol,,,, wat n klomp mislikings wat regeer

Deana ·

Dit kom nie so voor nie – DIT IS SO! Natuurlik is die belastingbetaler se geld aangewend vir hierdie paleisie.

Eben ·

Nathi Mthethwa jy gaan pakslae kry by die media asook publiek. Nou vertel ons ou grote wie se geld is gebruik. Watter staat departement se geld is gebruik en waar kry die departement die geld vandaan. Kom ek maak dit vir jou maklik … van eerlike belasting betalers se geld.

Ek daag jou uit … wys my verkeerd ….. kry hy die geld van daardie manne wat kronies siek geword het wat buite loop? Mmmmm … kom vertel ons!

Rondom Lelik ·

Die regering is verseker besig om hulle naam, weereens, soos in die verlede g@t te maak, hier en in die buiteland. Dit is wêreld wyd uitgesaai dat dit teen die wet is en noudat hulle hulle fout agter kom word die woorde verdraai. Wat dink die buiteland van hierdie sirkus? Selfs Zim. maak nie hulle naam so g@t nie.

HELENA SEABORNE ·

natuurlik het hy ons geld gebruik. wat van al die geld wat deur uk geskenk is vir arm mense. dit was tot in oorsese koerante dat hy van daai geld ok gebruik het vir persoonlike opgradering. of gaan apratheid nou weer die skuld kry soos gewoonlik.

henk celliers ·

Bla—-Bla—-Bla—wat n gechommel,n benoude kat maak n rare sprong,gee net tou,hulle gaan hul self hang

Sarie van Niekerk ·

Ai tog, vir 20 jaar lank nou al is alles waar die ANC in hul groot voete in hul eie monde druk en gekke van hulle maak, waar hulle ons land se naam bollie maak en waar hulle hulself so belaglik maak dat skoolkinders hulle uitlag, die media se skuld wat maar net eenvoudig nie die ANC kan verstaan nie.

Sjoe maar ons land se media is darem maar pateties (volgens die ANC) wat net eenvoudig nooit kan verstaan wat die ANC se nie. Dalk moet hulle in die toekoms maar die spreekwoord “‘n stil mond is ‘n heel mond” handhaaf en alles per skrif uitstuur, kan kan hulle mos agterna wys hoe is hulle verkeerd aangehaal en verkeerd verstaan.

Nee wat ANC kry julle feite reg, dink voor julle praat en moet tog asseblief nie die media vir al jul foute en belaglike uitsprake blameer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.