Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gesê daar was ʼn misverstand oor Steve Hofmeyr se hofverskyningsdatum nadat hy verlede week vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is.
“Hofmeyr sal op 30 Desember in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn, en nie Maandag 23 Desember nie,” het Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG, gesê.
Die media het Maandag berig dat Hofmeyr na verwagting in die hof sal verskyn nadat dit die datum is wat deurgegee is.
“Daar was ʼn misverstand oor die datum by die polisiestasie,” het Simasiku gesê.
Hofmeyr is Donderdag in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem en vrygelaat op borgtog van R500.
Lees ook:
Steve Hofmeyr vandag in hof
Steve sê oor arrestasie
Hoekom is ek nie verbaas nie? Die polisie neek weer op soos gewoonlik
Jip, dis ou laai van die polisie daai!!!!