Misvormde babas: gereelde ondersoek nodig

Dr. Michael Harisson, hoof van die neonatale-eenheid van die Groote Schuur-hospitaal, maan swanger vroue om vir gereelde mediese ondersoeke te gaan.

Dit volg na ʼn baba met net een oog en ʼn manlike geslagsdeel op haar voorkop Dinsdag by die Dr. Malizo Mpehle-gedenkhospitaal in Tsolo in die Oos-Kaap gebore is. Die dogtertjie, wie se ma ʼn 16-jarige meisie van Qumbu is, het nie oorleef nie. Sy is met een oog op haar voorkop gebore, geen neus nie en geen oë waar haar oë moes wees nie. Haar ingewande was ook ontbloot. (Lees Maroela Media se storie hier)

Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement het daarna ʼn beroep gedoen dat meer navorsing deur pediatriese spesialiste gedoen moet word om vas te stel waarom daar so baie misvormde babas in dié provinsie gebore word. Daar word berig dat daar oor die afgelope twee jaar 50 misvormde babas gebore is.

Harisson het hierop reageer en gesê verskeie faktore kan geboortegebreke veroorsaak. “Gereelde ondersoeke is noodsaaklik. Deur van vroeg in die swangerskap vir ondersoeke te gaan, stel ons in staat om die moeder en die ongebore baba se vordering te monitor en moontlike probleme wat kan opduik, vroegtydig te behandel,” het Harisson aan EWN gesê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.