MIV-positiewe verloor appèl na seks

ʼn MIV-positiewe man wat aan poging tot moord skuldig bevind is nadat hy onbeskermde seks gehad het met sy niksvermoedende vriendin, het sy appèl teen sy vonnis verloor.

Regter Tati Makgoka en waarnemende regter William Baloyi het Lovers Phiri (35) se appèl teen sy skuldigbevinding aan poging tot moord en sy gevolglike vonnis van ses jaar tronkstraf, geweier. Phiri se appèl is in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Phiri se voormalige vriendin het tydens die verhoor getuig dat sy hom in 2010 by ʼn plaaslike kliniek ontmoet het waar sy ʼn MIV-toets ondergaan het. Sy was swanger ten tyde van die toets en die uitslag was negatief. Phiri was ʼn visgraadgewer by die kliniek en het geweet hy is MIV-positief. Phiri en die vrou het ʼn verhouding aangeknoop en by twee geleenthede onbeskermde seks gehad. Die vrou het Phiri gevra om ʼn kondoom te gebruik maar hy het glo geweier. Die vrou het later positief vir MIV getoets. Phiri het getuig dat hy die vrou wel in kennis gestel het dat hy MIV-positief is en dat hy ʼn kondoom gebruik het. Makgoka het beslis dat ʼn vorige hof korrek opgetree het deur Phiri aan poging tot moord skuldig te bevind aangesien hy geweet het hy is MIV-positief maar nogtans onbeskermde seks gehad het met die vrou al het hy geweet sy is MIV-negatief en sonder om voorkomend op te getree het. “Hoewel die staat nie bewys het dat hy die vrou met MIV besmet het nie, bly sy optrede roekeloos,” het Makgoka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.