“MIV-reeksverkragter” straks van poging tot moord aangekla

‘n Vermeende reeksverkragter wat in Limpopo vasgetrek is, kan ook van poging tot moord aangekla word as MIV-toetse op hom positief is.

RSG het Dinsdag berig dat alle vermeende verkragters wat in Limpopo vasgetrek word, in die toekoms verpligte MIV-toetse moet ondergaan. Indien dit sou blyk dat hulle mense verkrag het na hulle van hul MIV-status bewus geword het, kan hulle van poging tot moord aangekla word.

Die vermeende reeksverkragter moet op 8 Maart in Thohoyandou in die hof verskyn.

Nuus 24 berig dat die man Vrydag op agt aanklagte van verkragting op meisies tussen 14 en 19 aangekeer is, en het Dinsdagoggend in die hof verskyn. Vier van sy slagoffers het hom as die skuldige uitgewys.

Die eerste MIV-persoon wat in Suid-Afrika aan poging tot moord skuldig bevind is na ‘n verkragting, is in 2004 lewenslange gevangenisstraf opgelê. Regter Eben Jordaan het toe tydens sy uitspraak gesê hy moes die Kanadese reg raadpleeg om ‘n toepaslike regspresedent te kry.

As verkragters voor die voet vir MIV getoets word, sal diegene wat positief getoets word na toekomstige verkragtings nie kan aanvoer dat hulle onbewus was van hul MIV-status nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.