MK-veteraan se liggaam na agt dae gekry

Mduduzi Mdletshe, ʼn veteraanleier van Umkhonto we Sizwe (MK), wat sedert verlede Sondag vermis is nadat hy in die Inanda-dam in KwaZulu-Natal gaan swem het, se liggaam is Maandag gevind.

Kol. Vincent Mdunge, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat Mdletshe se liggaam onder die water in die middel van die dam gevind is. Hy het vermoedelik verdrink nadat hy saam vriende en familie op ʼn boot was en toe in die dam gaan swem het.

Maroela Media het vroeër berig Mdletshe het in die moeilikheid beland, om hulp geroep en onder die water verdwyn. Sy vriende het tevergeefs na hom probeer soek en later hulp ontbied. Die NSRI-Durban, die polisie, die polisie se soek- en reddingspan, honde-eenheid en paramedici van Netcare 911 het ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur. Sien foto’s hier.

Mdletshe het verlede jaar die nuus gehaal toe hy in die pad wat na pres. Jacob Zuma se woning lei, gelê het om te verhoed dat Helen Zille, leier van die DA, die plek kan besoek.

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.