Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Xolile Mngeni is Maandag deur die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die wittebroodtoeris Anni Dewani. Hy is egter vrygespreek van die ontvoeringsklag teen hom.

Regter Robert Henney het bevind Mngeni (25) is skuldig aan roof met verswarende omstandighede, beplande moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Volgens Henney was die ontvoering deel van ʼn reeks dade wat tot die moord gelei het, en daarom is Mngeni nie skuldig bevind aan ontvoering nie.

Dewani is op 13 November 2010 in Gugulethu vermoor, en haar liggaam is die volgende dag gevind.
“Die staat het sy saak sonder enige twyfel bewys,” het Henney in sy uitspraak gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.