Mnr. en Mej. Suid-Afrika is verloof

CaptureMelinda Bam, voormalige Mej. Suid-Afrika, se kêrel Adriaan Bergh, voormalige Mnr. Suid-Afrika, het haar die jawoord gevra in Dubai.

Bam en Bergh hou tans vakansie in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate. Hy het haar Vrydag gevra om te trou. “Gelukkigste man wat leef. Melinda Bam het ja gesê,” het Bergh na die groot vraag getwiet. Bam het getwiet: “Gelukkigste meisie wat leef. Verloof aan die liefde van my lewe. Ek soek ʼn huwelik wat selfs mooier is as my troue en my ring.” Bergh het later sy aanhangers op Twitter bedank vir hul seënwense. “Baie dankie vir al die boodskappe. Ons is so gelukkig om soveel seënwense te ontvang. Elke boodskap word opreg waardeer.”

Bergh en Bam was in 2011 Mnr. en Mej. Suid-Afrika en is sedert verlede jaar ʼn paartjie.

Bam se ring. Foto: Twitter

Bam se ring. Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elbie steyl ·

dis so irriterend om nuus op maroela te lees en die volgende oomblik ‘:TEKEN IN OP NUUSBRIEF”

Trippie ·

Jip, ek het die vraag ten minste al 3 keer gevra – dit was NOOIT so nie en ek kry ook GEEN terugvoering nie.

Dan moet mens weervan vooraf jou kommentaar ook tik – dis lastig.

AmY ·

Baie geluk julle twee. Alles van die beste vir die toekoms vir julle. Julle is twee pragtige mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.