Model kry miljoene ná ongeluk

Claudine Labuschagne en Johan van der Merwe.

Claudine Labuschagne en Johan van der Merwe.

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beslis dat die Padongelukkefonds (POF) meer as R8 miljoen in die trust van ʼn voormalige model, Claudine Labuschagne (29), moet inbetaal nadat sy in ʼn voertuigongeluk beseer is, het die Pretoria News Woensdag berig.

Labuschagne was op 25 Julie 2008 in die ongeluk betrokke en die geld gaan gebruik word om vir die res van haar lewe na haar om te sien nadat sy erge ruggraatbeserings en breinskade opgedoen het.

Labuschagne en haar verloofde, Johan van der Merwe, was onderweg na hul huis ná ʼn besoek aan hul bruilofbeplanner, toe die ongeluk op die Kimberley/Griekwastad-pad plaasgevind het.

Van der Merwe het vir iets in die pad uitgeswaai en beheer oor die voertuig verloor. Hy is in die ongeluk dood en Labuschagne is na ʼn hospitaal geneem waar sy vir drie maande lank in ʼn koma was. Labuschagne is tans heeltemal afhanklik van hulp om oor die weg te kom. Die ongeluk het vyf maande voor hul troue plaasgevind.

Vir meer inligting oor hoe dit tans met Claudine gaan, klik hier.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.