‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies

Johan Kotze

Johan Kotzé (50), die sogenaamde “Modimolle-monster”, moet vir ’n bykomende 30 dae in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria bly.

Beeld berig, die landdroshof in Modimolle (Nylstroom) het Dinsdag beslis dat Kotzé se waarneming tot 20 Julie verleng word.

Dit het gevolg op ’n versoek van dr. SB Sokudela, ’n psigiater in Weskoppies wat Kotzé die afgelope maand evalueer. Verskeie toetse moet nog gedoen word. Kotzé is in Mei vir sielkundige evaluasie in Weskoppies opgeneem.

Hy word daarvan aangekla dat hy sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), in Januarie doodgeskiet het en Ina Bonnette (42), sy eksvrou, gemartel het. Kotze, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (23) en Sello Frans Mphaka (29) se verhoor begin 19 November in die Pretoriase hooggeregshof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.