Johan Kotzé (50), die sogenaamde “Modimolle-monster”, moet vir ’n bykomende 30 dae in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria bly.
Beeld berig, die landdroshof in Modimolle (Nylstroom) het Dinsdag beslis dat Kotzé se waarneming tot 20 Julie verleng word.
Dit het gevolg op ’n versoek van dr. SB Sokudela, ’n psigiater in Weskoppies wat Kotzé die afgelope maand evalueer. Verskeie toetse moet nog gedoen word. Kotzé is in Mei vir sielkundige evaluasie in Weskoppies opgeneem.
Hy word daarvan aangekla dat hy sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), in Januarie doodgeskiet het en Ina Bonnette (42), sy eksvrou, gemartel het. Kotze, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (23) en Sello Frans Mphaka (29) se verhoor begin 19 November in die Pretoriase hooggeregshof
3 Kommentare