“Modimolle-monster”: derde verdagte vas!

Johan Kotze, die "Modimolle-monster". Foto: @ewnreporter

Kort ná Johan Kotze Vrydag in die hof verskyn het, het die polisie bevestig dat hulle ʼn derde persoon in verband met die aanval op sy vervreemde vrou en die moord van haar stiefseun, vasgetrek het.

Kolonel Mogale Ramatseba sê die derde persoon is omstreeks 09:00 in Makapanstad naby Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn en sy saak sal uiteindelik gekoppel word aan dié van Kotze en nog ʼn man wat in verband met die aanval in hegtenis geneem is. Ramatseba sê die polisie is vol vertroue dat hulle ʼn vierde persoon wat ook vermoedelik by die saak betrokke is, sal aankeer.

Kotze (50) en sy eerste mede-beskuldigde (42), het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Modimolle verskyn en sal tot hul volgende verhoordatum in Februarie in aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.