‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie”

Joahn Kotzé in die hooggeregshof in Pretoria. Die foto is deur @LielaMagnus op Twitter gelaai.

Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, het glo nooit bedoel om sy vervreemde vrou seer te maak nie, maar hy kon homself glo nie help nie.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die moord op die 19-jarige Conrad Bonnette beskuldig en word van die herhaaldelike verkragting, aanranding en poging tot moord op Ina Bonnette aangekla. Al vier mans het onskuldig gepleit.

Bernard Bantjes, Kotze se advokaat, het aan Bonnette gesê dat sy kliënt nie kan onthou dat hy haar tepels met ʼn tang seergemaak het of dat hy ʼn naald “stadig en onseker” in een van haar borste gedruk het nie. Kotze is glo bang om bloed te sien en wou haar glo help deur die bloeding te stop.

Kotze beweer ook dat hy bang en baie ontsteld was toe hy later gelees het dat Bonnette se tepels afgesny is. Bonnette het vroeër getuig dat Kotze beide haar tepels tydens ʼn uitgerekte martelsessie afgesny het.

“Hy sê julle het mooi met mekaar gepraat en dat daar dan soms uitbarstings was,” het Bantjes gesê. “Hy sê hy kon hom nie regtig beheer nie. Hy sal beweer dat dit nie sy bedoeling was om jou seer te maak nie. Hy sê dit is nie in sy aard om iemand seer te maak nie.”

“Wel, u edelagbare, hy het my gemartel en my seergemaak,” het Bonnette geantwoord. Bonnette sê Kotze het nooit beangs gelyk nie, want hy het net met die aanval aangehou. Sy verwerp Kotze se weergawe dat hy aanhoudend sy medebeskuldigdes gepleit het om haar nie seer te maak nie, en dat hulle alleen in die kamer was. Bonnette ontken ook dat sy ooit erken het sy het egbreuk gepleeg. “U edelagbare, ek kon nie praat nie. My mond was die heeltyd toegeplak. Ek het hom nooit verkul nie,” het sy gesê.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.