‘Modimolle-monster’: “Ek hoop hy vrot in die tronk”

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze sal Dinsdag vir ʼn laaste keer aansoek kan doen vir ʼn ligter vonnis nadat hy Maandag skuldig bevind is aan die moord op Conrad Bonnette en dat hy die bendeverkragting op sy eksvrou, Ina Bonnette, beplan en uitgevoer het.

Waarnemende regter Bert Bam het Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, en sy drie medebeskuldigdes Maandag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan ontvoering, verkragting, roof en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Andries Sithole, een van Kotze se medebeskuldigdes, is ook skuldig aan die moord op Conrad, Ina se seun.

Sello Mphaka en Pieta Mohlane is albei skuldig bevind aan dieselfde klagtes, buiten moord.

Een van Kotze se beste vriende, Dirk van der Merwe, het aan EWN gesê hy hoop Kotze “vrot in die tronk”. “Hy het my en my vrou se lewe, en selfs bietjie my huwelik, vir ʼn jaar lank opgemors,” het Van der Merwe aan EWN gesê.

Die misdade het op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle plaasgevind.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Sarie ·

vir wat soek hy ‘n ligter vonnis?hy moet sy prys betaal net so ook sy trawante,as jy ‘n lewe neem moet jy betaal,en dan praat ons nie eers van die vrou nie.Laat hy vrot in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.