‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ‘ooreenkoms’ gehad

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag gehoor dat Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” en sy vrou Ina Bonnette, ‘n ooreenkoms gehad het dat sy saam drie mans sou slaap.

Een van Kotze se se medebeskuldigdes, Andries Sithole, het getuig hoe hy Kotze se opdragte moes vertaal het op die dag wat Bonnette in sy huis in Modimolle aangeval is.

Francois van As, vir Kotze se twee ander medebeskuldigdes, Pieta Mohlane en Frans Mphaka, het gesê sy kliënte is ingelig dat Kotze en Bonnette ‘n ooreenkoms aangegaan het dat sy saam drie swart mans sou slaap en dat hy dit vir haar sou reël. “Dit is wat mnr. Kotze vir my gesê het,” het Sithole gesê. Hy het die opdrag glo aan Mohlane en Mphaka vertaal.

Kotze word daarvan beskuldig dat hy Bonnette vermink en haar groepverkragting op 3 Januarie 2012 gereël het. Hy word ook van die moord op sy stiefseun, Conrad (19), aangekla. Bonnette en Kotze was in daardie stadium nog getroud, maar sy het in haar eie woonstel gebly.

Sithole, Mohlane en Mphaka word van ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

Van As sê toe sy twee kliënte wou weet waarom hulle saam met Bonnette moes slaap, is hulle meegedeel dat Kotze gesê het sy vrou kry nie genoeg by hom nie, hy is te vet en hy verdink haar van ontrouheid.

Sithole het getuig dat Kotze vir hom gesê het wanneer Bonnette by die huis aankom sy sal maak asof sy nie van iets weet nie. “Dis presies wat hy vir my gesê het om aan Mohlane en Mphaka oor te dra,” het hy gesê.

Volgens Van As wou sy kliënte nie saam Bonnette slaap nie. Hulle wou hul geld hê vir die dag se arbeid, en huis toe gaan. Sithole het in sy verklaring hiermee saamgestem en bygevoeg: “Dit is wat veroorsaak het dat Kotze aggressief en kwaad geword het.”

Van As sê Kotze het hierop gesê: “Ek wil nie hoor wat ‘n k**** te sê het nie. Hulle sal maak soos ek sê of hulle sal nie lewendig uit hierdie huis uit stap nie.” Van As sê sy kliënte voel dit is slegs op hulle gemik, en nie Sithole nie. “Ek verstaan nie waarom dit net op hulle gemik is nie. Ek is ook ‘n k****.”

Die drie medebeskuldigdes stem ooreen dat Kotze hulle met ‘n rewolwer gedreig het om óf agter die kasdeur óf in die kas weg te kruip in die kamer waar Bonnette aangeval is. Van As se kliënte het gesê Bonnette was reeds op die bed vasgebind en haar broek was reeds afgetrek toe hulle uit die kas gelaat is. Sithole het vroeër getuig dat Kotze sy gordel gebruik het om die kasdeur toe te maak waarin Mohlane en Mphaka weggekruip het. “Ek kan getuig wat in daardie kamer gebeur het, want ek was daar,” het hy gesê.

Sithole sê egter al drie het Kotze gehelp om haar vas te bind. Hy sê Bonnette het teen Kotze baklei, maar hy het haar geklap. “Hy het gesê: ‘Bokkie, wees stil. Hulle sal jou nie doodmaak nie. Hulle is goeie mense.”

Sithole het vroeër ontken dat hy gehelp het om Bonnette se verkragting te beplan. “Dit is nie waar nie,” het Sithole gesê toe Kotze se verdediging, Piet Greyling, dit aan hom gestel het dat hy die verkragting gereël het, en geweet het dat Kotze nie vir Bonnette sou kon beskerm nie.

Greyling het ook aangevoer dat die drie mans hul beplanning gedoen het terwyl Kotze en Bonnette buite staan en praat het.

Regter Bert Bam het Dinsdag voor die hofverrigtinge geëindig het, sy uitspraak gelewer op die staat se aansoek om hul saak weer oop te maak. “My bevinding is dat die aansoek goedgekeur word,” het Bam gesê. Hy sal glo sy redes vir dié toestemming aan die einde van die verhoor bied.

Staatsaanklaer Retha Meintjes het Woensdag aangedui dat die staat sy saak weer wil oopmaak om getuienis in te dien oor Kotze se kriminele aanspreeklikheid ná Tertia Spangenberg, ‘n kliniese sielkundige vir die verdediging, se getuienis dat Kotze nie vir sy dade aanspreeklik gehou kan word nie.

Die verdediging het die aansoek teengestaan.

Greyling het Maandag gesê Kotze sal finansieel gedreineer word as die hofverrigtinge uitgerek word. Hy het aangevoer die staat het ‘n ingeligte besluit geneem toe hy nie Dirk Coetzee, kliniese sielkundige wat Kotze by Weskoppies-hospitaal in Pretoria ondersoek het, as getuie geroep het voordat hy sy saak afgesluit het nie.

Die saak is tot 25 Junie uitgestel.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.