‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, se hofsaak duur Vrydag voort in die Pretoriase hooggeregshof.

Johan Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka word daarvan beskuldig dat hulle Ina Bonnette herhaaldelik verkrag en gemartel het en dat hulle Conrad Bonnette (19), Ina se seun, op 3 Januarie 2011 doodgeskiet het.

Ina is tans onder kruisverhoor.

Die hof het Donderdag gehoor dat Sithole met die dood gedreig is as hy nie Ina sou verkrag nie. Sy prokureur, Jan van Rooyen, het dit aan Ina gestel dat sy kliënt slegs deelgeneem het om dat hy bang was Kotze gaan hom skiet.

Kotze het erken dat hy Conrad geskiet het, maar beweer dat die skoot afgegaan het toe Conrad hom laat skrik het toe hy gevra het waar sy ma is. Hy erken ook dat hy een van Bonnette se borste met ʼn tang seergemaak het en dat hy ʼn naald in een van haar borste gedruk het tot dit gebloei het. Hy beweer egter dat hy nie homself was daardie dag nie, en dat hy nie homself kon beheer nie, en dat hy nie bedoel het om haar seer te maak nie.

Ina het aan Sithole se prokureur erken dat Sithole, Mohlane en Mphaka haar nie gemartel of aangerand het nie. Sy sê hulle het op Kotze se instruksies reageer. Sy het Kotze as “manipulerend” beskryf.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.