“Modimolle-monster” geskik vir verhoor

Johan Kotze

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” is Vrydag geskik verklaar om verhoor te word.

Kotze is vroeg in 2012 in hegtenis geneem ná ‘n aanval op sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, en die moord op haar tienerseun. Die drie mans wat hy glo gehuur het om hom by te staan, sal in November verhoor word.

Die landdroshof in Modimolle het twee maande gelede bepaal dat Kotze ‘n sielkundige ondersoek moet ondergaan, hoofsaaklik weens die gewelddadige en abnormale aard van die misdaad, berig EWN. ‘n Span van drie sielkundiges het verklaar dat Kotze aan geen afwyking ly wat hom verhoed om die verskil tussen reg en verkeerd te onderskei nie. Sy regspan sal nou begin gereedmaak vir die verhoor.

Volgens Kotze se medebeskuldigdes was hulle gedwing om aan die misdaad deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.