“Modimolle-monster” getuig dalk vandag in hof

Johan Kotze tydens sy verhoor op 26 November. Foto: Werner Beukes / Sapa

Johan Kotze, oftewel die Modimolle-monster, en sy drie medebeskuldigdes se verhoor hervat vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof. Kotze het sedert Februarie tyd in ʼn psigiatriese-hospitaal in Bloemfontein spandeer vir psigiatriese toetse. Kotze beweer die psigiaters wat hom vroeër in Weskoppies getoets het, het hom nie volledig getoets nie. Drie afsonderlike psigiaters het bevind dat Kotze sielkundig in staat is om verhoor te word.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word daarvan beskuldig dat hulle 15 maande gelede Kotze se vervreemde vrou, Ina Bonnette, wreed gemartel en verkrag het. Hulle word ook aangekla dat hulle Bonnette se seun, Conrad, doodgeskiet het. Bonnette het gesê dat sy nie die hofverrigtinge gaan bywoon nie. Sy sal eers weer in die hof verskyn as die regter sy uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.