“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Ondanks drie sielkundiges wat Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” strafregtelik toerekenbaar bevind het, gaan hy glo nie-patologiese onbevoegdheid as deel van sy verdediging gebruik.

Piet Greyling, vir Kotze, het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof gesê dat hy nie-patologiese onbevoegdheid in sy verdediging gaan aanvoer. Die saak is tot Dinsdag uitgestel om Greyling die geleentheid te bied om die opnames van hofverrigtinge tot dusver te versamel. Die staat het Maandag sy saak afgehandel op die voorwaarde dat hy kundige getuies kan roep om oor Kotze se aanspreeklikheid te getuig. Greyling sê hy sal hierteen beswaar aanteken.

Greyling voer aan die staat moet sy getuies roep voordat hy sy saak kan afsluit. Waarnemende regter Bert Bam het gesê die kwessie sal bespreek word wanneer dit vorendag kom. “Ons sal daardie brug oorsteek wanneer ons daar kom,” het Bam gesê.

Die hof het vroeër getuienis aangehoor van Kotze se geneesheer, dr. Louis Pienaar. Pienaar het gesê Kotze was, op die dag van sy inhegtenisneming, nie gedisoriënteerd nie. “Hy was moeg en teneergedruk,” het Pienaar gesê. “Hy het geweet wie ek is. Hy het goed georiënteerd voorgekom.”

Pienaar het getuig die polisie het hom versoek om Kotze ná sy inhegtenisneming op 11 Januarie 2012 te ondersoek. Hy sê hy het Kotze twee keer vantevore ook behandel. Greyling wou by Pienaar weet of sy kliënt moontlik aan akute stresafwyking kon ly. Pienaar het egter volgehou dat Kotze goed georiënteerd was. “Gebaseer op sy voorkoms het Kotze nie aan angs of disoriëntasie gely nie,” het Pienaar geantwoord. “Ek dink hy het die einde van sy voortvlugtende week bereik.”

Pienaar het verder getuig dat geen ander dokter Kotze op die dag van sy inhegtenisneming wou ondersoek nie. Hy was nie op bystand daardie dag nie, maar is ingeroep. “My sekretaresse het gesê geen ander dokter is bereid om hom te ondersoek nie.”

Pienaar het getuig oor Kotze se fisieke toestand toe hy by sy kantoor opgedaag het. “Hy was vol stof. Sy klere was ook vol stof. Daar was skrape aan sy voorarms en bene en ‘n kneusplek aan sy kop. Hy het ook spierkrampe gehad en was dors. Sy bloeddruk was hoër as normaal.” Volgens Pienaar was die krapmerke waarskynlik van die doringbosse waarin Kotze weggekruip het.

Die staat se laaste getuie Maandag was dr. Susanna Gräbe, ‘n kenner oor seksuele geweld. Sy het aanvanklik in November getuig en haar kruisverhoor is Maandag hervat. Gräbe het haar kundige mening danksy haar ondervinding in die praktyk gelewer, aangesien sy self nie die slagoffer, Ina Bonnette, ondersoek het nie. Sy het getuig dat tussen 10 – 30% van verkragtingslagoffers nie beserings aan hul geslagsdele opdoen nie. “In meeste gevalle het verkragtingslagoffers eerder fisieke beserings as geslagsdeelbeserings.”

Francoi van As, prokureur vir twee van Kotze se medebeskuldigdes, Pieta Mohlane en Frans Mphaka, het gevra of Bonnette se beserings eerder deur voorwerpe veroorsaak kon word. “Dit word nie uitgesluit dat penetrasie of penetrasie met ‘n voorwerp plaasgevind het nie,” het Gräbe geantwoord.

Kotze, Andries Sithole, Mohlane en Mphaka word van die moord op Kotze se 19-jarige stiefseun, Conrad Bonnette, by Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012 aangekla. Hulle word ook van die ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Ina Bonnette aangekla.

‘n Onskuldige pleit is namens Kotze aangeteken nadat hy geweier het om te pleit, en beweer het dat sy aanspreeklikheid en vermoë om hofverrigtinge te volg en daartoe by te dra bevraagteken word. Sy drie medebeskuldigdes het almal onskuldig gepleit. Hulle beweer Kotze het hulle gedwing om aan die aanval deel te neem en sê hulle het slegs gemaak of hulle haar verkrag.

Bonnette het getuig dat Kotze haar met verskeie voorwerpe gemartel het voordat hy die ander drie opdrag gegee het om haar te verkrag. Sy het aan die hof gesê sy moes luister hoe haar seun om sy lewe pleit voordat hy in die kop en hart geskiet is.

Lees ook:
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lothar ·

Ek het so baie vloekwoorde wat ek hierdie VARK wil toevoeg! Ek wil hom presies vertel watter stuk kak hy is! Hy’s’n hond man! Dis tog vir my so jammer dat die doodstraf afgeskaf is, want ek sou hom met liefde en groot plesier wou hang! Hy’s n VARK!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.