‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze het glo die marteling en bendeverkragting van sy vrou en die moord op haar seun haarfyn beplan, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag gehoor.

Aanklaer Cornelia Harmzen het aan Andries Sithole, een van Ina Bonnette se vermeende verkragters, gesê Kotze sou nie die moeite gedoen het om die misdaad te beplan en dan onwillige verkragters kry om hom te help nie.

Sithole, Pieta Mothlane en Sello Mphaka beweer dat hulle slegs voorgegee het om Bonnette te verkrag, aangesien Kotze hulle met ‘n vuurwapen gedreig het.

Hamrzen sê daar was geen DNA-bewyse nie en die verkragters het sykouse oor hulle koppe aangehad sodat die slagoffer hulle nie kon herken nie. Haar aanvallers het boonop geen inligting oor die ander op hul selfone gehou nie, sodat die polisie hulle nie kon opspoor nie. “Die martelinstrumente het gereed gelê in die kas. Toue was reeds aan die bed en diefwering vasgemaak. Dit dui alles op haarfyn beplanning,” het Harmzen gesê. “Dit sou nooit gebeur het indien die drie van julle nie saam met Kotze gewerk en nie saam beplan het om haar te verkrag nie.”

“Dit was vir jou ‘n wen-wen situasie,” het sy aan Sithole gesê. “Jy kon seks hê en is daarvoor betaal. Jy het haar eerste verkrag terwyl sy bloeiend daar gelê het. Jy het nie net daar staan en toekyk toe die ander twee haar verkrag het nie. Jy het haar vasgedruk terwyl Mphaka haar verkrag het.”

Harmzen voer verder aan Sithole het gejok toe hy gesê het dat Kotze hom en die ander met ‘n rewolwer gedreig het, aangesien Bonnette sê sy het nooit ‘n rewolwer gesien nie. Sy het slegs getuig oor die vuurwapen wat op haar gerig was. Bonnette se getuienis word gestaaf deur die feit dat die vuurwapen, wat op die toneel gevind is, gebruik is om haar 19-jarige seun, Conrad Bonnette, te vermoor.

Sithole sê indien Kotze enigiets beplan het, het hy dit alleen gedoen. Hy sê indien hy ‘n vuurwapen gesien het, sou hy en die ander twee Kotze oorrompel het, maar hy wou nie ‘n kans vat terwyl Kotze die rewolwer by hom gehad het nie, “want hy kon nie met sy lewe speel nie”.

Mohlane het later aan die hof gesê Sithole het hom en Mphaka aangesê om nie te getuig nie, maar hy het nie gedink Sithole bedoel dit ernstig nie. Volgens Mohlane het Sithole en Kotze die verkragting saam beplan.

Die hofsaak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing”
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.