‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Ina Bonnette het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig dat sy haar vervreemde man, Johan Kotze, begin wantrou het toe hy gejok het dat hy kanker het.

Sy het deur haar werk toegang tot patoloë gehad en uitgevind dat hy oor sy kanker gejok het, en dít het glo tot die verbrokkeling van hul huwelik gelei. Sy het hom nooit as ʼn gewelddadige man ervaar voordat hy haar glo gemartel en haar seun vermoor het nie.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die moord op Bonnette se seun, Conrad, op 3 Januarie beskuldig en van haar ontvoering, herhaaldelike verkragting en poging om haar te vermoor.

Bonnette het Dinsdag besonderhede oor dié afgryslike dag bekend gemaak waar sy op ʼn bed vasgebind is. Kotze het glo, onder andere, beide haar tepels afgesny, ʼn skroef in die oop wonde inforseer en sy drie medebeskuldigdes glo aangemoedig om haar te verkrag, het sy getuig. Sy het gehoor hoe haar seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom na bewering doodgeskiet het.

Bonnette het begin huil toe Kotze se advokaat, Bernard Bantjes, haar ondervra het. Bantjes het gesê hy erken haar erge trauma, maar hy moet sekere aspekte van die saak uitklaar.

Sy het gesê sy het Kotze steeds liefgehad nadat sy hom in Maart 2011 verlaat het, maar gevoel sy verloor haar identiteit en selfrespek weens sy manipulasie. Hy het glo gesinsvergaderings gehou waar hy haar ouers en kinders vertel het hoe sleg sy is en hoe ongedissiplineerd haar huishouding was. Ten spyte hiervan het sy hom steeds liefgehad en besluit om hom ʼn tweede kans te gee toe hy haar gesmeek het om te versoen.

Sy sê sy het nooit Kotze se gedrag as aggressief ervaar nie en het nie die gewelddadige aanval op 3 Januarie 2011 verwag nie.

Sy ontken dat haar ouers en Conrad die oorsaak van hul huweliksprobleme was en sê dit was haar persoonlike besluit om Kotze die eerste keer te verlaat.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

louise ·

Hy het met voorbedagterade die ding beplan, die skroewe wat hy in haar borste gedraai het dié wat-ook-al hy haar tepels mee afgesny het. Hy is erger as ‘n monster!

Estie Steenkamp ·

Hy is ‘n siek man, hulle moet hom vir die gemeenskap gee dat die gemeenskap met hom afreken!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.