‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Waarnemende regter Bert Bam het Maandagoggend in die Pretoriase hooggeregshof met sy uitspraak in die sogenaamde ‘Modimolle-monster’-saak begin.

Bam het die sewe aanklagte teen die vier beskuldigdes, Johan Kotze, Andries Sithole, Pieta Mothlane en Sello Mphaka voorgelees. Dit sluit moord, ontvoering, verkragting en poging tot moord in.

Hy het daarna die staat se getuienis begin opsom. Hy het ook vlugtig Johan Kotze se eksvrou, Ina Bonnette, se getuienis opgesom.

Die vier mans word daarvan beskuldig dat hulle Kotze se stiefseun Conrad Bonnette (19) op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle doodgeskiet het en word ook van die ontvoering, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

Kotze het skuld ontken en voer aan dat hy nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir sy dade op dié dag nie.

Sithole, Mohlane en Mphaka voer aan dat Kotze gedreig het om hulle te skiet indien hulle nie sou saamwerk nie. Hulle sê hulle het net voorgegee om Bonnette te verkrag omdat dit fisies nie vir hulle moontlik was om dit te doen nie.

Die getuienis van Francois Moller, selfoondeskundige van die polisie, is Maandag ook hanteer. Moller het getuig oor die kontak tussen Kotze en sy medebeskuldigdes voor en ná die misdade. Daar was 48 oproepe van Kotze na een van sy medebeskuldigdes tussen Desember en 3 Januarie.

Bam het ook die verdediging se getuienis hanteer.

Tydens sy getuienis het Kotze aan die hof gesê hy het Bonnette in ʼn vertrek in sy huis aangetref. Hy het gesê sy drie medebeskuldigdes het haar aangeval. “Daar was ʼn groot gemors,” het hy getuig. Hy wou haar glo help, maar was deurmekaar en het met tye die vertrek verlaat.

Terwyl Bam ʼn opsomming van Kotze se getuienis voorgehou het, het Bonnette, wat deur haar vriende in die hof bygestaan word, gereeld haar kop in ongeloof geskud.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Carin ·

Dis SO jammer die doodstraf is afgeskaf. Sluit die monster toe en verloor die sleutel….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.