“Modimolle-monster”: hoe hy vasgetrek is

Johan Kotze, die "Modimolle-monster". Foto verskaf deur die SAPD

Die soektog na die twee mans wat vir ʼn gruwelike aanval op ʼn vrou in Modimolle aangekla word duur voort, het Limpopo polisie Donderdag gesê.

“Ons het inligting. Ons weet waar hulle hulself min of meer bevind, speurders is op hulle spoor,” het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. “Hulle is iewers in die republiek [van Suid-Afrika], ons wil nie te veel sê nie,” het hy gesê. Die twee word gesoek in verband met die aanval wat Johan Kotze glo op sy vervreemde vrou gereël het.

Kotze, 50, het na bewering drie mans, wat glo sy werkers was, met ʼn geweer gedwing om aan die aanval deel te neem. Hy word ook op die moord van sy stiefseun aangekla nadat hy hom glo in die kop en bors geskiet het. Een van die drie werkers, ʼn 42-jarige man, is Woensdag in Makapanstad naby Hammanskraal, noord van Pretoria, in hegtenis geneem. Kotze sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn.

Kotze was vir ʼn week lank voortvlugtend en is Woensdag by ʼn vriend se huis in Modimolle in hegtenis geneem. Hy het die polisie vir ʼn week lank ontwyk terwyl hy in sy voertuig in die bos buite Modimolle in Limpopo gebly het, luidens berigte Donderdag.

Terwyl ʼn nasionale en internasionale mensejag van stapel gestuur is, het Kotze net buite die dorp in Limpopo waar die vermeende aanval plaasgevind het, weggekruip. Polisie het ʼn foto van hom ná die aanval op 4 Januarie uitgestuur. Surinda du Preez, ʼn inwoner van Modimolle, het Dinsdagaand rondgery in ʼn poging om haar kleuters aan die slaap te maak, en het toe sy wit Toyota Fortuner gewaar.

“Ek het by ʼn stopstraat stilgehou toe ek ʼn wit Toyota Fortuner met Vrystaatse nommerplate gewaar het. Ek was dadelik op my hoede, maar ek was bang en het aanhou ry,” het sy aan The Star verduidelik. Sy het haarself egter oortuig dat dit Kotze was en het begin rondry om hom te soek. Sy het die voertuig toe in ʼn winkelsentrum se parkeerarea sien staan en hom binnekant gesien waar hy koeldrank, water en twee blikkies blikkiesvleis gekoop het.

“Ek was yskoud. Ek kon nie beweeg of asem haal nie. Ek het net na hom gestaar en toe paniekerig geword.”

Sy het weggejaag en die polisie in kennis gestel. Haar eggenoot Anton en haar swaer, Werner du Preez, het terselfdertyd die gemeenskapsforum polisielede in kennis gestel. Die twee mans het begin om die 4×4-roetes buite Modimolle te fynkam en het Kotze se sportnutsvoertuig gewaar waar dit in ʼn boom vasgejaag het.

Polisie-helikopters is toe ontplooi om na Kotze te soek. Die polisie was oortuig dat hy te voet rondhardloop. Beeld het Woensdagoggend berig dat Kotze toe na die huis van een van sy vriende in Modimolle, Dirk van der Merwe, gegaan het. “Ek het my gat afgeskrik,” het van der Merwe gesê. “Al wat hy vir my gesê het, is: “Ons moet praat.” Van der Merwe het gesê dat hy gaan koffie maak, maar hy het die polisie gekontak en só die weeklange mensejag tot ʼn einde gebring.

Maar was die polisie se optrede werklik so flink? En wie word waarvan aangekla, as sy werkers gedwing is om sy eksvrou te verkrag? Waaraan is hulle skuldig? En waarvoor sou sy werkers hom kon aankla? Lees nou meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

anita ·

Kotze is ‘n produk van manlike chauvinisme, die daad kan gekoppel word aan sy opvoeding as kind, miskien ‘n kind wat alles kon kry, of steeds sy foutering oor die hoof gesien was, dit is ‘n feit dat Afrikaans
sprekende seuns dikwels opgevoed word om ‘n dominante houding te handhaaf.

Wat in die huwelik verkeerd is, is onbekend, maar Kotze moet weg geneem word uit die samelewing
sonder enige toegang tot besoeke van enige persoon.

Hierdie gedrag is sekerlik die aller vreeslike nagmerrie vir enige vrou.

Hy kan beter homself verlos van sy eie wreeheid, hier op aarde het hy geen waarde meer as mens nie.

anita ·

Kotze is ‘n produk van manlike chauvinisme, die daad kan gekoppel word aan sy opvoeding as kind, miskien ‘n kind wat alles kon kry, of steeds sy foutering oor die hoof gesien was, dit is ‘n feit dat Afrikaans
sprekende seuns dikwels opgevoed word om ‘n dominante houding te handhaaf.

Wat in die huwelik verkeerd is, is onbekend, maar Kotze moet weg geneem word uit die samelewing
sonder enige toegang tot besoeke van enige persoon.

Hierdie gedrag is sekerlik die aller vreeslike nagmerrie vir enige vrou.

Hy kan beter homself verlos van sy eie wreedheid, hier op aarde het hy geen waarde meer as mens nie.

Magda ·

Hoe kon daardie 3 toelaat dat hy hulle dwing? Hulle kon hom oorrompel het, maar nee. Het dit eerder geniet. Hulle moet by die moffies in die tronk gesit word. Dan wil ek sien hoe hulle hulle self hieruit gaan kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.