Modimolle Monster – Hofsaak duur Vrydag voort

Johan Kotze verskyn weer Vrydag in die hof

Die man wat bekend staan as die “Modimolle Monster”, Johan Kotzé, verskyn Vrydag weer in die Modimolle-landdroshof saam met die drie mans wat me. Ina Bonnette op 3 Januarie vanjaar glo om die beurt verkrag het. Die drie mans is Andries Sithole (42), Peter Mohlako (33) en Frans Mphaka (29).

Intussen berig die dagblad Beeld dat Bonnette volgens ‘n inskrywing op haar Facebook-blad die “geselsies, drukkies en lag” mis wat sy met haar seun, Conrad, gedeel het. Conrad is na bewering op 3 Januarie deur Kotzé, sy stiefpa, in ʼn huurhuis in Kerkstraat, Modimolle (Nylstroom) doodgeskiet.

“Dit was kosbare oomblikke. En noudat ons dit nie meer het nie, besef ek ons het dit dikwels as vanselfsprekend aanvaar. Mamma verlang na jou, my kind!” lui die inskrywing. Nog ’n Facebook-inskrywing van haar lui: “Dankie dat ongeag watter pyn ek ervaar, ek kan weet dat dinge weer beter sal word.”

Sien vorige stories hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.