“Modimolle-monster” in hof

Kotzé tydens ‘n vorige hofverskyning in April. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die verhoor van Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimolle-monster”, en sy drie medebeskuldigdes sal na verwagting Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria voortgaan.

Kotzé word daarvan beskuldig dat hy drie mans gehuur het om sy eksvrou Ina Bonnette te verkrag en te martel. Kotzé het glo ook Bonnette se seun, Conrad (19), doodgeskiet. Andries Sithole, Piet Mohlane en Frans Mphaka het Bonnette glo verkrag. Die hof het tydens Kotzé se vorige verskyning gehoor dat hy en Bonnette glo ‘n ooreenkoms gehad het dat sy met drie mans sou seks hê. Francois van As, vir Mohlane en Mphaka, het gesê sy kliënte is ingelig dat Kotzé en Bonnette ‘n ooreenkoms aangegaan het dat sy met drie swart mans sou seks hê en dat hy dit vir haar sou reël. “Dit is wat Kotzé vir my gesê het,” het Sithole gesê. Volgens Van As wou sy kliënte weet waarom hulle met Bonnette seks moes hê en het Kotzé aan hul gesê sy vrou kry nie genoeg by hom nie, hy is te vet en hy verdink haar van ontrouheid. Volgens Van As wou sy kliënte nie met Bonnette seks hê nie. Hulle wou hul geld hê vir die dag se arbeid, en huis toe gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Ek hoop hy en sy makers kry 3keer lewenslank en dat hulle sal verkrag word en gemartel word soos dit met haar gedoen is,maar moet so nou en dan ‘n stomp mes vat en sy stingel een keer week kerf vir so uur.En hy sal natuurlik weer maak of hy mal is ,soos gewoontlik.

Hettie Lombard ·

Vonnis hierdie wrede, siek beskuldigdes en kry net klaar met hierdie saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.