Modimolle-monster: Ina sal moontlik eerste getuig

Johan Kotzé

Ina Bonnette, die vervreemde vrou van die sogenaamde “Modimolle-monster”, sal na verwagting die eerste getuie in sy hofsaak wees.

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, en drie ander mans word daarvan verdink dat hulle Bonnette verkrag en gemartel het en haar tienerseun vermoor het. Die vier is vroeër die jaar aangekeer.

ʼn Span van drie psigiaters het Kotze vier maande gelede bevind hy is toerekenbaar om verhoor te word en dat hy die verskil tussen reg en verkeerd ken. Hy is vir evaluering gestuur weens die grusame aard van die beweerde misdade.

Kotze se regspan kan steeds aanvoer dat hy tydelik kranksinnig was, wat die saak sal uitstel. Na bewering sal Bonnette moontlik die eerste getuie in die saak wees. Die drie medebeskuldigdes beweer dat hulle gedwing is om aan die misdaad deel te neem.

Die saak is van Modimolle na die Noord-Gautengse hooggeregshof verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.