‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie”

Kotzé tydens ‘n vorige hofverskyning in April. Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ was dissosiatief toe hy sy voormalige vrou Ina Bonnette en haar seun aangeval het, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.

“Hy moet gevolglik vrygespreek word,” het Piet Greyling, prokureur vir Kotze, gesê.

Conrad Bonnette (19) is dood nadat hy op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle in die gesig, bors en knie geskiet is. Ina Bonnette moes rekonstruktiewe sjirurgie ondergaan ná ʼn uitgerekte martelsessie waartydens haar tepels afgesny is en Kotze se drie medebeskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka haar glo verkrag het. Sy moes luister hoe haar seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom glo doodgeskiet het.

Greyling het toegegee dat Kotze die drie moontlik gebruik het om Bonnette te beseer. “Dit is moontlik dat die drie toevallig daar was en dat hy hulle instrumenteel gebruik het nadat hy, om dit pleinweg te stel, sy kop verloor het.”

Hy het Bonnette daarvan beskuldig dat sy herhaaldelik aan die hof gelieg het en dat die hof nie haar getuienis kan vertrou nie. Volgens Greyling het sy byvoorbeeld daaroor gelieg dat sy haar ma gebel het terwyl sy gemartel is, aangesien selfoonrekords dit nie kon staaf nie.

Haar getuienis dat Kotze gedreig het om haar seun bo-op haar te skiet nadat hy hom gedwing het om haar te verkrag en dat hy ook haar dogter sou skiet is ook glo verdag, aangesien dit nie ingesluit is in haar verklaring aan die polisie nie.

Greyling sê die staat se sielkundige, wat bevind het dat Kotze aanspreeklik gehou kan word vir sy dade, het nie sy werk behoorlik gedoen nie. “Die hof moet eerder die getuienis van die verdediging se sielkundige aanvaar wat aangevoer het dat Kotze aan ʼn narsistiese persoonlikheidsversteuring ly en dat hy aan akute stressindroom en depressie gely het wat ʼn toestand van dissosiasie tydens die misdade tot gevolg gehad het.”

Jan van Rooyen, prokureur vir Sithole, het aangevoer dat die opsomming van die feite in die saak ʼn “wenslys” is wat die staat wou bewys, maar nie kon regkry nie. Hy het die staat se argument dat Kotze en die ander drie skuldig is aan poging tot moord op Bonnette omdat Sithole HIV-positief is, van die hand gewys. “Hy is eers ná die voorval vir HIV getoets en toe uitgevind hy is positief.”

Van Rooyen het aangevoer dat die afwesigheid van DNA-bewyse bewerings deur Sithole en die ander twee mans gestaaf het dat hulle Bonnette nie verkrag het nie.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louise ·

Piet Greyling, hoe kry jy geslaap, hoe kan jy sulke monster behandeling op ‘n vrou goedkeur? Want as jy so ‘n monster kan verdedig dan keur jy dit goed!!!! Wat as dit jou vrou, suster digter Ma vriendin of wie ookal was, wat se verdediging het. Het jy dan gedoen? Genade mens, gaan vanaand op jou kniee vra die Here vergifnis en dien die regte ding om jou van so ‘n monster te distansieer!!!!!!

Lizette ·

As die MONSTER loskom het ek regtig al my vertoue in SA se regstelsel verloor! Die man en sy 3 medepligtiges hoord agter tralies vir ewig!!!

Sarie ·

Mnr.Greyling,die Prokureur,gebruik jy dwelms of is jy net deur mekaar,Hy het haar heeltemal verniel en dat sy virus kry.en as ek reg verstaan het die man wat die virus het daarvan getuig in die begin al,mits jy nie wil volg wat aan gaan nie,nee maar nou vertel sy mos leuns,alles net om die MOORDENAAR weer op straat te kry.,om sy volgende slag offer oor ‘n jaar te kry.

Adri goss ·

Geagte Mnr. Greyling, in die eerste plek kan ek nie glo jy verdedig hierdie monster nie. Verder glo ek nie vir ‘n oomblik dit is omdat jy in sy onskuld glo nie!! Maar dat jy in kan glo dat hierdie arme vrou kan jok, slaan my stom!!! Ek weet nie hoeveel meer bewyse jy benodig nie, maar dis mos hoe dit werk, hoe wreder en meer sadisties die daad, hoe makliker kom die skuldige daarvan af. Dan word daar net eenvoudig gese hy kan nie aanspreeklik gehou word vir sy dade of hy was nie ten tye van die daad by verstand nie. Mag die regstelsel hierdie vrou nie faal nie. Sy het genoeg gely.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.