“Modimolle Monster” moet Weskoppies toe

Johan Kotze het moontlik ʼn geestesafwyking en die hof het Vrydag bepaal dat hy na Weskoppies vir sielkundige evaluasie gestuur moet word.

Kotze, Andries Sithole, Peter Mohlako en Sello Frans Mphaka het vandag weer in die landdroshof in Modimolle verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Kotze se eks-vrou, Ina Bonette, in Januarie verkrag en gemartel het.

Landdros Hannes Stoffberg het gesê daar bestaan ʼn moontlikheid dat Kotze geestelik onstabiel is. Hy sal by Pretoria se sentraalgevangenis aangehou word tot daar ʼn plek vir hom by Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar is.

Die saak sal na verwagting weer op 19 November in die Noord-Gautengse hooggeregshof hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.