“Modimolle-monster”: nog twee verdagtes verskyn in die hof

Johan Kotze, 'n verdagte in die "Modimolle-monster"-hofsaak. Foto verskaf deur die SAPD

Twee verdagtes in die sogenaamde “Modimolle-monster”-saak sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Modimolle verskyn, het die Limpopo-polisie gesê.

Na verwagting sal die saak tot 10 Februarie uitgestel word en sal dan gesamentlik met Johan Kotze, ʼn verdagte in die saak, en nog ʼn verdagte se hofsaak aangehoor word, het lt.kol. Ronel Otto gesê. Die twee mans is onderskeidelik Vrydag en Saterdag aangekeer, het sy gesê. Kotze het na bewering drie mans, wat glo sy werkers was, op 3 Januarie in sy huis in Modimolle met ʼn geweer gedwing om sy vervreemde vrou beurtelings te verkrag en haar liggaam te skend. Kotze het vermoedelik ook sy stiefseun doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.