‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse

Kotzé tydens ‘n vorige hofverskyning in April. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat het Dinsdag sy kruisverhoor in die sogenaamde “Modimolle-monster”-saak in die Pretoriase hooggeregshof afgesluit, voordat hy Woensdag glo nuwe sielkundige bewyse oor Kotze sal indien.

Sello Mphaka het Dinsdag herhaaldelik ontken dat hy toegekyk het terwyl Johan Kotze sy vrou, Ina Bonnette, in Januarie 2012 gemartel en vermink het, voordat hy haar saam met twee ander mans glo om die beurt verkrag het.

Staatsaanklaer Cornelia Harmzen het dit aan Mphaka gestel dat sy lewe nooit in gevaar was nie en dat hy ‘n vrywillige deelnemer was. “Jy het gesien hoe haar tepels verwyder word en jy het niks gedoen om haar te help nie,” het Harmzen aan Mphaka gesê.

Mphaka het erken dat hy die tweede persoon was wat bo-op Bonnette geklim het, maar hy was vaag in sy redes. “Pieta [Mohlane] en ek het vir mekaar gekyk. Ons was bang en Kotze het geskree: ‘kom nou’,” het hy getuig. “Ons het gestry. Ek het aan Mohlane gesê om eerste te gaan en hy het gesê ek moet gaan. Maar omdat ons altwee bang was en Kotze nie nóg kwater wou maak nie, het ek besluit om te gaan.”

Kotze, Mohlane, Mphaka en Andries Sithole staan tereg op aanklagte dat hulle Bonnette se 19-jarige seun, Conrad, vermoor het en staar klagtes van ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012 in die gesig.

Die staat sal Woensdag nuwe sielkundige bewyse indien oor Kotze se sielkundige toestand. Cobus Coetzee, kliniese sielkundige, sal na verwagting getuig oor sy bevindings dat Kotze strafregtelik vervolg kan word nadat hy na bewering Bonnette aangeval en haar seun doodgeskiet het.

Kotze het aangevoer dat hy nie aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie.

Sy drie medebeskuldigdes het getuig dat hy hulle met ‘n vuurwapen gedreig het en hulle gedwing het om bo-op sy vrou te klim. Hulle sê hulle het Bonnette nie verkrag nie, aangesien dit fisies vir hulle onmoontlik was.

Die staat het reeds Coetzee se verslag as bewys ingedien, maar sal hom Woensdag in die getuiebank ondervra. Coetzee het Kotze vir twee maande lank saam met twee ander psigiaters by die Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria ondersoek. Die twee psigiaters het bevind dat geen psigiatriese diagnose gedoen kan word nie.

Die staat beweer daar is onvoldoende gronde vir Tertia Spangenberg, kliniese sielkundige, se bevindings dat Kotze nie vir sy beweerde kriminele dade aanspreeklik gehou kan word nie, weens nie-patologiese kriminele onbevoegdheid. Spangenberg het vroeër hierdie jaar getuig dat Kotze se narsistiese persoonlikheidsversteuring, tesame met erge depressie en stressindroom, tydens die misdade tot ‘n staat van dissosiasie gelei het. Sy het gesê Kotze se gedrag was só vreemd dat dit as bewys dien dat hy nie rasioneel opgetree het nie.

Francois van As, prokureur vir Mohlane en Mphaka, het aan die hof gesê dat hy twee polisiebeamptes en Conrad Bonnette se pa, Rex, wil roep om oor sy kliënte se rol in die misdade te getuig. Hy sê hy benodig egter dagvaardings, aangesien nie een van dié persone wil getuig nie.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.