“Modimolle Monster”: Publiek ondersteun slagoffer

Johan Kotzé tydens sy eerste hofverskyning. Die foto is deur die gebruiker @ewnreporter op Twitter gelaai.

Die sogenaamde “Modimolle Monster”, wat glo sy vrou deur drie werkers laat verkrag en haar seun doodgeskiet het, sal Vrydag in die landroshof verskyn.

Vroueregte-groepe en betogers sal na verwagting more voor die hof bymekaar kom ter ondersteuning van Johan Kotzé se vervreemde vrou, Ina Bonnette. Kotzé staan tereg op 17 aanklagte van onder meer verkragting, moord, sameswering tot verkragting, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Jessica Foord, wat in 2008 deur vier mans verkrag is voor haar pa, het ʼn boodskap van ondersteuning aan Bonnette gestuur. “Jy moet geloof hê in jouself en weet dat Suid-Afrika jou ondersteun. Jy is ʼn baie brawe vrou en ons sal more aan jou dink. My raad aan jou sal wees om kalm te bly in die hof, praat die waarheid en moenie laat sy (Kotzé) se regsverteenwoordigers jou intimideer nie.” Kotzé het glo drie van sy werkers beveel om Bonnette te verkrag en haar liggaam te skend. Hy het glo ook Bonnette se 19-jarige seun, Conrad, doodgeskiet. Kotzé is sowat agt dae na die voorval deur die polisie in hegtenis geneem. Sy drie medebeskuldigdes – Mmapuru Peter Mohlako (34), Andries Paparona Sithole (42) en Sello Frans Mphaka (38) – is dae uitmekaar in hegtenis geneem.

Bonnette, wat die media toestemming gegee het om haar naam bekend te maak, het sowat twee weke gelede teruggekeer werk toe nadat sy sielkundige behandeling ontvang het. Inwoners van Nylstroom beplan intussen ʼn fondsinsameling op 3 Maart om Bonette te help met die uitgawes wat sy moet aangaan vir rekonstruktiewe chirurgie. Die koste hiervan beloop glo sowat R70 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cecilia Tjaden ·

Hi Nico. Ons lees sulke teenstrydige berigte- oor hierdie tragedie. Berigte in die media verkil skreiend een se bv. Johan het die mans elk R150-00 betaal en n ander berig elders dis R2,500-00 elk. Huisgennoot (onderhoud met Ina) se die gereedskap was n vurk, braaitang en n draadtang terwyl ander byvoeg n skroewedraaier en “” angel grinder”‘. Ons lees Conrad het net met n vriend by die huis in Kerkstraat verby gery en sy ma se kar daar gesien en toe ingeloop (en Kotze moes hom toe elimineer) elder weer dat Kotze Corad gebel het om soontoe te kom om te help met sy ma se goedjies. Een berig se Kotze het Conrad gestuur om te gaan koeldranke koop n ander se Kotze het hom na die garage toe gestuur om n toolbox te kry-en toe vlug die vier in verskeie windrigtings. So kan ek aangaan. Ek neem aan die koerant in Modimolle (Nylstroom) sal seker die waarheid he- daarom rig ek die comment aan jou. Die publiek moes elke dag hoor en lees van hierdie tragedie en ons is amal geskok en meegesleur- maar, niks is so verwarrend as om sulke teenstrydighede te lees nie. Dan wonder n mens net… wat het regtig gebeur en wat is nou die waarheid? Weet nie meer of mens enigiets kan glo in die nuusmedia nie- want elke een het n ander storie. Sterkte aan al die slagoffers- almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.