“Modimolle monster”-saak: Beskuldigdes doen aansoek om borg

Johan Kotze

Die verdagtes in die sogenaamde “Modimolle-monster”-saak sal Vrydag poog om die hof te oorreed om hulle voor die aanvang van die hofsaak vry te laat, berig EWN.

Johan Kotze en sy drie mede-beskuldigdes, Mmapuru Peter Mohlako, Andries Paparona Sithole en Sollo Frans Mphaka, is Januarie vir die verkragting en marteling van sy vrou en die moord op haar seun in hegtenis geneem. Die landdroshof in Modimolle sal die verdagtes se argumente teen die gewelddadige aard van die misdaad moet opweeg en die kwadegevoelens wat steeds in die gemeenskap gevoel word, in ag moet neem. Na verwagting sal die staat die borgaansoek teenstaan, alhoewel die drie mede-beskuldigdes waarskynlik aan die hof sal sê dat hulle gedwing is om aan die misdaad deel te neem. Die aanklaer beskik oor ʼn verklaring van die slagoffer, Ina Bonette sowel as ander bewyse wat sedert die aanval ingewin is. Kotze het geen poging aangewend om op borgtog vrygelaat te word nie.

Van die betogers in die hof Foto op Twitter gelaai deur die gebruiker @emmadevilliers

Vroue in pienk T-hemde en vroue van die ANC Vroueliga is ook in die hof om hul protes teen die borgaansoek van die beskuldigdes te betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.