‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, sal verdere sielkundige toetse in Bloemfontein ondergaan voordat sy verhoor in 2013 voortgaan.

Die verhoor is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof tot 4 Februarie volgende jaar uitgestel, omdat die Staat se laaste twee getuies nie beskikbaar is nie. ʼn Dokter wat in seksuele geweldsake spesialiseer moet nog haar getuienis afhandel.

Die Staat sal ook die spesialis as getuie roep wat Kotze se vervreemde vrou, Ina Bonnette, ná die aanval behandel het.

Regter Bert Bam het beveel dat Kotze na die Grootvlei-gevangenis naby Bloemfontein oorgeplaas moet word vir verdere sielkundige en psigiatriese assessering. Hy het dit duidelik gestel dat Kotze se oorplasing afhang van die beskikbaarheid van akkommodasie by die gevangenis.

Bernard Bantjes, Kotze se advokaat, het vroeër aan die hof gesê dat Kotze die verslag deur drie sielkundiges van Weskoppies psiagiatriese hospitaal bevraagteken. Dié sielkundiges het Kotze vroeër bevoeg verklaar om verhoor te word. Hy sê die saak rondom Kotze se verantwoordbaarheid sal op ʼn patologiese en nie-patologiese basis in twyfel getrek word.

Op ʼn herhaaldelike vraag om sy kliënt se verdediging te stel en om te stel of dit gaan insluit dat hy nie die hofverrigtinge kon volg nie, het Bantjes gesê hy het instruksie dat Kotze wel die verrigtinge verstaan.

Bam het aan die begin van die hofsaak uitstel geweier dat Kotze vir ʼn tweede keer assesseer kon word, en het beveel dat die saak moet voortgaan.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane, en Frans Mphaka word van die moord op die 19-jarige Conrad Bonnette op 3 Januarie 2012 beskuldig. Hulle word ook van die ontvoering, erge aanranding, herhaaldelike verkragting, en poging tot moord op Ina Bonnette beskuldig.

Kotze het aanvanklik geweier om te pleit as gevolg van die onsekerheid oor sy toerekeningsvatbaarheid. In reaksie hierop het Bam namens Kotze ʼn onskuldige pleit laat aanteken.

Kotze se medebeskuldigdes het onskuldig gepleit op alle aanklagte. Hulle hou vol Kotze het hulle gedwing om aan die aanval op Bonnette deel te neem en beweer dat hulle slegs gemaak het of hulle haar verkrag, omdat hulle glo nie ereksies kon kry nie.

Al vier mans bly in aanhouding.

Bonnette het getuig hoe Kotze haar met verskeie voorwerpe gemartel het en beide haar tepels verwyder het voordat hy die drie mans opdrag gegee het om haar te verkrag. Sy het gehoor hoe haar seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom na bewering doodgeskiet het.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.