‘Modimolle-monster’ se appèl geweier

Johan Kotzé. Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotzé. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die appèlhof het Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, se verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding geweier, berig Beeld.

Appèlregters Mahomed Navsa en Malcolm Wallis het die aansoek om appèl eenparig verwerp. “Daar is geen vooruitsig op sukses met die appèl nie en daar is geen ander dwingende omstandighede wat verlof tot appèl noodsaak nie,” het hulle gesê. Die hooggeregshof in Pretoria het Kotzé in Julie vanjaar tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis ná die aanval op sy eksvrou, Ina Bonnette. Kotzé is skuldig bevind aan verkragting en marteling van Bonnette en die moord op haar seun, Conrad. Kotzé se medebeskuldigdes Andries Sithole is ook tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis terwyl Pieta Mohlake en Sello Mphaka elk tot lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 18 jaar gevonnis is. Die appélhof het ook Sithole, Mohlake en Mphaka se verlof tot appèl geweier. Kotzé, Sithole, Mohlake en Mphaka se aansoek om verlof tot appèl is ook vroeër deur die hooggeregshof in Pretoria geweier.

Piet Greyling, Kotzé regsverteenwoordiger, het aan Beeld gesê dit is die einde van die pad vir sy kliënt. Kotzé sal op 80-jarige ouderdom vir die eerste keer om parool kan aansoek doen. “Ek sien geen nut daarin om ’n aansoek om appèl by die konstitusionele hof in te dien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Ek is bly hulle almal se appel is geweier. Dis baie goed om te hoor hy sal eers op 80 jarige ouderdom vir parool kan aansoek doen.
Hy is in my oe n walglike sadis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.