‘Modimolle-monster’: Sielkundige volstaan met verslag

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kliniese sielkundige in die sogenaamde Modimolle-monstersaak beweer daar is nog niks voor die Pretoriase hooggeregshof gebring wat haar in haar bevindings laat twyfel nie.

“Daar is geen bewyse in hierdie hofsaak wat my verslag in twyfel laat trek nie,” het Tertia Spangenberg Maandag aan die hof gesê. Staatsaanklaer Retha Meintjes het dit aan haar gestel dat Kotze rasioneel die aanval op sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, beplan het.

Kotze word daarvan beskuldig dat hy die groepverkragting op Bonette gereël het en sy stiefseun Conrad op 3 Januarie 2012 in sy huis in Modimolle doodgeskiet het. Bonnette was in dié stadium steeds in die eg verbind met Kkotze, maar het in haar eie woonstel gebly.

Kotze se medebeskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Bonnette aangekla.

Spangenberg het bevind dat Kotze nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie.

“Ek is van mening dat Kotze nie aanspreeklik gehou kan word vir die beweerde dade waarvan hy beskuldig word nie,” het sy gesê. “Dit is my mening dat die kombinasie van Kotze se narsistiese persoonlikheidsversteuring bo-op die traumatiese sielkundige beserings, gekombineer met ʼn onbeheerde, langdurige depressie en onbehandelde en onverklaarde akute stresversteuring hom in ʼn staat van sielkundige dissosiasie tydens die beweerde kriminele misdade gelaat het.”

Spangenberg het Maandag gesê mense se dade in ʼn dissosiatiewe staat kan rasioneel voorkom.

Meintjes sê Kotze het sy verhuurder net voor die aanval gekontak en hom aangesê om nie na die huis toe te kom nie. Hy het ook sy dogter ná die aanval geskakel om haar in te lig dat ʼn vriend, en nie hy nie, haar sal kom oplaai.

“Dit is heeltemal irrasioneel om al die bewyse en ʼn lewende getuie [by die misdaadtoneel] agter te laat. Hy het Conrad se vriend ook agtergelaat,” het Spangenberg geantwoord. “As jy na die voorval kyk is dit heeltemal geisoleerd van wat hy normaalweg sou doen.”

Meintjes wou by Spangenberg weet of sy beweerde dade tydens die voorval, om bevele aan sy medebeskuldigdes te gee en verskillende gereedskapstukke te gaan haal waarmee hy Bonnette gemartel het, haar verslag sou verander. “Nee. Sy gedrag was verbouereerd en irrasioneel.”

“Ek het ʼn baie deeglike ondersoek oor ʼn lang tydperk op Kotze uitgevoer. Hierdie bevindings is gebaseer op my professionele mening,” het sy gesê.

Sy het vroeër erken die verslag is subjektief. Spangenberg het aanvanklik gesê die verslag is nie subjektief nie, aangesien Kotznie nie die kriteria vir dissosiasie geken het nie, en slegs haar vrae beantwoord het. Regter Bert Bam het egter aan haar gesê haar verslag is baseer op dít wat Kotze gesê het. Sy het ingestem.

Bam wou by haar weet wanneer die dissosiasie begin en geëindig het. Sy sê die dissosiasie kon tydens ʼn argument tussen Kotze en Bonnette op 3 Januarie begin het. Bonnette het die paartjie se vibrator glo aan hom oorhandig en gesê hy moet dit op sy volgende vrou gebruik. Spangenberg kon egter nie met sekerheid sê wanneer die dissosiasie geëindig het nie. Sy het getuig dat Kotze steeds in ʼn dissosiatiewe staat voorgekom het toe hy ná die aanval in sy motor was.

Bam het dit verder aan haar gestel dat Kotze getuig het dat hy besef het hy het ʼn misdaad gepleeg toe hy by die huis weg is. Spangenberg sê Kotze het dit nie tydens sy ondersoek aan haar erken nie. Kotze se saak is die eerste saak met verminderde kapasiteit waarby sy betrokke is.

Die verdedigingspan vir Kotze se medebeskuldigdes het versoek om Spangenberg ná die staat te kruisondervra, aangesien hulle nog ʼn verslag benodig wat ʼn ander sielkundige verlede jaar opgestel het.

Die saak is tot Dinsdagoggend 09:00 uitgestel.

Lees ook:
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.