“Modimolle Monster”: Talle betoog voor hof, saak uitgestel

Johan Kotzé verskyn in die Modimolle landdroshof. Die foto is deur die gebruiker @KarinLaB op Twitter gelaai.

Die saak teen die sogenaamde “Modimolle Monster”, Johan Kotzé, en sy drie medebeskuldigdes is Vrydag in die Modimolle landdroshof uitgestel.

Kotzé en sy drie medebeskuldigdes – Mmapuru Peter Mohlako (34), Andries Paparona Sithole (42) en Sello Frans Mphaka (38) – sal weer op 11 Mei in die hof verskyn wanneer die saak moontlik na ʼn hooggeregshof verwys sal word en ʼn verhoordatum vasgestel sal word. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Talle mense, waaronder vroueregte groepe en ondersteuners van Kotzé se vervreemde vrou, Ina Bonnette, het voor die hof betoog. Die hof was stampvol met verslaggewers, polisie, lede van die ANC vroueliga en vriende van Bonnette.

Kotzé het glo drie van sy werkers beveel om Bonnette te verkrag en haar liggaam te skend. Hy het glo ook Bonnette se 19-jarige seun, Conrad, doodgeskiet. Kotzé is sowat agt dae na die voorval deur die polisie in hegtenis geneem. Sy drie medebeskuldigdes is dae uitmekaar in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.