“Modimolle-monster” uiteindelik gevang

Johan Kotze, die sogenaamde "Modimolle-monster". Foto verskaf deur die SAPD

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn gruwelike aanranding op sy vervreemde vrou gereël en sy stiefseun vermoor het, sal Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn, het die polisie in Limpopo gesê.

“Hy is nou in aanhouding en speurders ondervra hom tans voor sy verskyning Vrydag in die hof,” het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. Kotze is net voor 12:00 Woensdag in Modimolle in hegtenis geneem. The Star berig dat hy gevang is toe hy in ʼn straat in die dorp geloop het, ná ʼn hoëspoed-jaagtog met die polisie waarin hy sy motor gestamp het. “Hy het die vorige aand die heeltyd aan die beweeg gebly. Hy is later hospitaal toe omdat hy begin ontwater het ná hy sy voertuig verlaat het,” het Mulaudzi gesê.

Kotze, 50, is sedert 4 Januarie voortvlugtend na die aanranding en moord in Modimolle. Hy het na bewering drie mans, wat glo sy werkers was, met ʼn geweer gedwing om aan die aanval deel te neem. Kotze word ook daarvan aangekla dat hy die vrou se seun vermoor het deur hom in die kop en bors te skiet. Een van die drie werkers, ʼn 42-jarige man, is Woensdag vroeër in Makapanstad naby Hammanskraal noord van Pretoria in hegtenis geneem. “Die man sal na verwagting ook Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie is steeds op soek na die twee ander mans. Polisie het Dinsdagaand Kotze se verlate Toyota Fortuner in Modimolle opgespoor. Lt.gen. Simon Mpembe, provinsiale kommissaris vir die polisie het die span speurders wat Kotze in hegtenis geneem het, gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.