‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Pretoriase hooggeregshof sal volgende week uitspraak lewer in die hofsaak van Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ en sy drie medebeskuldigdes.

Waarnemende regter Bert Bam het Vrydag gesê hy sal Maandag begin om uitspraak te lewer in die uitgerekte hofsaak. Hy is van plan om sy uitspraak af te handel al beteken dit verlengde ure in die hof.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka staan tereg op aanklagte van moord op Kotze se stiefseun, Conrad Bonnette (19) sowel as die ontvoering, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Kotze se eksvrou Ina Bonnette in sy huis in Modimolle op 3 Januarie 2012.

Kotze het onskuldig gepleit en voer aan dat hy nie vir sy dade op daardie dag aanspreeklik gehou kan word nie.

‘n Sielkundige vir die verdediging het getuig dat Kotze aan ‘n narsistiese persoonlikheidsversteuring en akute stressindroom ly en erge depressie gehad het, wat tot ‘n toestand van dissosiasie tydens die voorval gelei het.

‘n Sielkundige vir die staat het egter getuig dat Kotze nie aan enige geestesversteurings ly nie en dat hy vir sy dade aanspreeklik gehou kan word.

Sithole, Mohlane en Mphaka het aangevoer dat Kotze hulle met ‘n vuurwapen gedreig het indien hulle nie sou saamwerk nie. Hulle voer aan hulle het net voorgegee of hulle Bonnette verkrag, aangesien dit fisies vir hulle onmoontlik was om dit te doen.

Bonnette het getuig dat die drie mans toegekyk het terwyl Kotze haar seksueel martel en haar borste vermink voordat hulle haar om die beurt verkrag het. Sy was steeds aan ‘n bed vasgemaak en haar mond toegeplak toe sy gehoor het hoe haar seun herhaaldelik gesmeek het, “Asseblief oom, moenie skiet nie”, voordat sy drie skote gehoor het. Conrad is op die toneel dood nadat hy in die gesig, bors en knie geskiet is.

Bonnette moes rekonstruktiewe sjirurgie ondergaan en moes antiretrovirale behandeling ontvang nadat dit aan die lig gekom het dat Sithole ná sy inhegtenisneming positief vir MIV getoets het.

Staatsaanklaer Retha Meintjes het aangevoer dat al die verdagtes skuldig is aan poging tot moord op Bonnette weens Sithole se MIV-status.

Sithole se advokaat, Jan van Rooyen, en Francois van As vir Mohlane en Mphaka, het aangevoer hul kliënte was nie bewus van Sithole se MIV-status nie en kan dus nie aan poging tot moord skuldig bevind word nie.

Van As het aangevoer dat sy kliënte “Russiese roulette” gespeel het, omdat hulle nie mekaar of die slagoffer se MIV-status geken het nie. Bam het egter gesê hy het nog nooit van ‘n verkragter gehoor wat eers die slagoffer se MIV-status wou uitvind nie.

Van As het gesê sy kliënte was net so getraumatiseer soos Bonnette, aangesien Kotze gedreig het om hulle dood te maak. Hy het aangevoer die afwesigheid van DNS-bewyse staaf sy kliënte se getuienis dat hulle Bonnette nie verkrag het nie. Die afwesigheid van enige fisiese beserings aan Bonnette staaf glo ook dié getuienis. “Hul doel was nie om soontoe te gaan en haar te verkrag nie. Hulle was teen hulle wil daar. Daar is genoegsame bewyse om hul weergawe te staaf en dat hulle gedreig is,” het hy gesê.

Piet Greyling, vir Kotze, het gesê die hof moet Kotze se weergawe aanvaar dat die ander drie beskuldigdes uit hul eie opgetree het en dat Kotze hulle nie met ‘n vuurwapen gedreig het nie. “Hy was kwaad vir haar. Dit is ‘n toeval dat hulle medepligtiges geword het,” het Greyling gesê.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.