“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” op 15 April 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, gaan na verwagting vandag in die hof vir die eerste keer sy weergawe vertel van die dag toe sy voormalige vrou verkrag en gemartel is, en sy stiefseun doodgeskiet is.

Kotze verskyn vandag weer in die Pretoriase hooggeregshof ter verdediging van die aanklagte teen hom en sy drie medebeskuldigdes. Kotze, Andries Sithole, Mohlane en Mphaka word van die moord op Kotze se 19-jarige stiefseun, Conrad Bonnette, by Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012 aangekla. Hulle word ook van die ontvoering, aanranding, herhaaldelike verkragting en poging tot moord op Ina Bonnette aangekla.

ʼn Onskuldige pleit is namens Kotze aangeteken nadat hy tydens ʼn vorige hofverskyning geweier het om te pleit, en beweer het dat sy aanspreeklikheid en vermoë om hofverrigtinge te volg en daartoe by te dra, bevraagteken word. Sy drie medebeskuldigdes het almal onskuldig gepleit. Hulle beweer Kotze het hulle gedwing om aan die aanval deel te neem en sê hulle het slegs gemaak of hulle haar verkrag.

Ondanks drie sielkundiges wat Kotze strafregtelik toerekenbaar bevind het, gaan hy glo nie-patologiese onbevoegdheid as deel van sy verdediging gebruik.

Piet Greyling, vir Kotze, het Maandag gesê dat hy nie-patologiese onbevoegdheid in sy verdediging gaan aanvoer. Die saak is tot vandag uitgestel om Greyling die geleentheid te bied om die opnames van hofverrigtinge tot dusver te versamel. Die staat het Maandag sy saak afgehandel op die voorwaarde dat hy kundige getuies kan roep om oor Kotze se aanspreeklikheid te getuig. Greyling sê hy sal hierteen beswaar aanteken.

Lees ook:
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.