‘Modimolle-monster’: Verdagte is HIV-positief

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, moet op ‘n aanklag van poging tot moord skuldig bevind word, aangesien een van haar verkragters MIV-positief is, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.

“Alhoewel daar geen bewyse is dat Kotze daarvan bewus was dat sy medebeskuldigde, Andries Sithole, MIV-positief is nie, is die moontlikheid van oordrag van dié virus ‘n werklikheid,” het Retha Meintjes, staatsaanklaer, gesê. “Hy het die direkte intensie gehad en het inderwaarheid gehoop dat sy besmet sou word, alhoewel daar geen bewys is dat hy Sithole se status geken het nie. Daar is ook bewyse dat mev. Bonnette aan skok kon sterf.”

Meintjes voer aan dat Kotze en Sithole skuldig bevind moet word aan moord met voorbedagte rade, ontvoering, verkragting, poging tot moord, aanranding en seksuele aanranding. Sy sê Kotze het die aanval op 3 Januarie 2012 op Ina Bonnette en haar 19-jarige seun, Conrad, sorgvuldig beplan en uitgevoer.

Bonnette het vroeër getuig hoe Kotze haar seksueel en fisies gemartel het en haar tepels afgesny het voordat Sithole, Pieta Mohlane en Sello Mphaka haar verkrag het. Sy is gedwing om te hoor hoe haar seun om sy lewe pleit voordat Kotze hom drie keer geskiet het terwyl sy aan ‘n bed vasgemaak was.

Meintjes het toegegee dat die staat nie voldoende bewys kon lewer dat Mohlane en Mphaka bewus was van Kotze se plan om Conrad Bonnette te vermoor nie. Sy het egter versoek dat hulle skuldig bevind word op aanklagte van ontvoering, herhaaldelike verkragting, poging tot moord, aanranding en seksuele aanranding van Bonnette. Sy sê Mohlane en Mphaka het betyds geweet dat Bonnette verkrag sou word en hulle was gewillige deelnemers.

Die begrip “karavaan-was” is glo gebruik om hul planne om Bonnette te verkrag, te beskryf, het sy gesê. Kotze het glo die drie gehuur om sy karavaan by sy huis in Modimolle te was, waar die misdade gepleeg is. “Daar was ‘n komplot tussen al die beskuldigdes om die misdade te pleeg en hulle het almal ‘n gemene doel gehad.”

Volgens Meintjes was die sielkundige, wat namens die verdediging getuig het dat Kotze nie strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie, subjektief en het sy haar bevindings op Kotze se weergawe van die gebeure baseer. Sy voer aan dat die sielkundige se getuienis verwerp moet word ten gunste van die staat se sielkundige, wat getuig het dat Kotze wel strafregtelik aanspreeklik gehou kan word. “Hy het dit vooraf sorgvuldig beplan en het doelbewuste en beplande dade uitgevoer.”

“Hulle was onder omstandighede roekeloos in die sin dat hulle nie omgegee het of sy die virus opdoen of nie. In Kotze se geval, waar hy spesifieke idees van wraak teenoor Bonnette gekoester het, en die moeite gedoen het om mense te kry om haar te verkrag, was hy heeltemal roekeloos,” het Meintjes gesê.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie ·

Volgens sy getuienis was hy baie lief vir haar<ek twyfel dit sterk,dis nie liefde nie,,dis misbruik in alle opsigte,nou wil die sielkundige beweer hy is nie wys nie,hy en sy makers moet lewens lank kry ,sommer driekeer,miskien sal dit beter wees as die gevangenis hom was maak en sy dinges afkerf met 'n stomp mes,en die een wat aids het,hy het geweet hy het 'n vuris,hang hom aan sy nek tot hy uitgedroog is vir die aasvoels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.