‘Modimolle-monster’: Verdediging vra 15 jaar

Johan Kotze op 15 Julie 2013 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof die hof versoek om Johan Kotze en sy medepligtiges lewenslange tronkstraf op te lê.

Waarnemende regter Bert Bam, het Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, en sy medepligtige, Andries Sithole, Maandag skuldig bevind aan moord op Conrad Bonnette (19). Sello Mphaka en Pieta Mohlane is onskuldig bevind op die moordklag, maar al vier mans is skuldig bevind aan ontvoering en vier klagtes wat verband hou met die verkragting van Ina Bonnette, Kotze se eksvrou.

“Dit is duidelik dat al vier skuldig is,” het Bam gesê.

Kotze en sy medepligtiges is ook skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.

Ina is op 3 Januarie 2012 in Kotze se huis in Modimolle aangeval en gemartel. Conrad is op dieselfde dag doodgeskiet.

Staatsaanklaer Retha Meintjes het, ter verswaring van vonnis, verwys na ʼn slagofferimpakverslag op Bonnette en haar dogter, Angelique. Luidens die verslag sukkel Bonnette met terugflitse en nagmerries en haar dogter ly emosioneel ook skade. “Ek en my pa praat nie oor my broer nie,” het sy gesê.

Meintjes sê die beskuldigdes het geen tekens van berou getoon nie. Sy sê Kotze het weens selfbejammering tydens sy getuienis begin huil. Sy medepligtiges het vir finansiële gewin deelgeneem.

Bam wou weet of Mohlane en Mphaka ʼn ligter vonnis verdien omdat hulle nie saam aan die misdaad beplan het nie. Meintjes sê hulle was ondanks dié feit, steeds skuldig daaraan dat hulle Bonnette in die huis aangeval het en verdien gevolglik nie ʼn ligter vonnis nie. “In daardie sin is daar nie ruimte vir ʼn ligter vonnis nie.”

Sithole, Mohlane en Mphaka se verdedigingspan het aangevoer dat hul kliënte hul vonnisse gelyklopend moet uitdien. Jan van Rooyen en Francois van As sê die misdaad was een “voorval” en die vonnis moet dit reflekteer.

Piet Greyling, vir Kotze, het ter versagtende omstandighede, na sy kliënt se narsistiese persoonlikheidsversteuring, depressie en obsessiewe gedrag verwys. “Sommige van sy probleme spruit direk uit sy kinderdae,” het hy gesê.

Greyling sê ʼn kliniese sielkundige se verslag, wat bevind het dat Kotze aan dié versteurings ly, moet in gedagte gehou word. “Die narsisme het sy verhouding met en gedrag teenoor Bonnette beïnvloed.” Greyling sê Kotze was behep met Bonnette en was gebroke toe sy hom verwerp het, veral weens sy narsisme. “Hy het dit met ander woorde baie erger ervaar.”

Greyling sê Kotze het dit as die einde van sy lewe beskou. “Ek dink nie daar bestaan enige twyfel dat die beskuldigde manies depressief was nie.” Hy sê Kotze het in ʼn dagboek, waarin hy geskryf het in die dae voor sy inhegtenisneming, na selfmoord verwys. Greyling sê daar was tekens van berou in die dagboek.

Bam wou weet of Kotze ooit berou in die hof getoon het.

Greyling sê Kotze was emosioneel tydens sy getuienis.

Hy het die hof versoek om in gedagte te hou dat sy kliënt alles verloor het, en versoek ʼn maksimum vonnis van 15 jaar.

Bam het die saak tot Woensdag om 11:30 uitgestel.

Kotze het gesê hy sal eers kommentaar lewer oor die hofverrigtinge ná die vonnisoplegging wat Woensdag plaasvind. “Ek wil dit nie sensasionaliseer nie,” het hy gesê.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’: “Ek hoop hy vrot in die tronk”
‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
‘Modimolle-monster’ het medebeskuldigde 48 keer gebel‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie
‘Modimolle-monster’: Verdagte is MIV-positief
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel vir getuies
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse 
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Die monster het darem vreeslik vinnig uit sy staat van maniese depressie gekom! Hy reel ewe oulik ‘n media konferensie met die mediaverteenwoordigers vir more net na vonnisoplegging want hy het iets om te se. Hy soek nie sensasie daaruit nie het hy aan die media gese, nou wonder ek maar net wat wil hy tog aan die media se wat hy nie in die hof kon se nie? Hy het nie vir my gelyk soos iemand wat aan maniese depressie ly nie, daarvoor was hy heeltemal te vriendelik met die media. Hy is seker die eerste beskuldigde wat aan moord, ontvoering, verkragting en ander klagtes skuldig bevind word wat die dag voor hy gevonnis word al reel vir ‘n media konferensie. Goeie aarde dit is nou arrogansie van die eerste waters

Morne ·

Hy wil sekker laat weet dat hy jammer is, ek hoop daai man leer GOD ken, want sy paadjie is maar pik donker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.