‘Modimolle-monster’: Verhoor begin

Johan Kotzé tydens ‘n vroige hofverskyning.

Die verhoor van Johan Kotzé en die drie mans wat Ina Bonnette glo om die beurt verkrag en haar liggaam geskend het, begin vandag in die hooggeregshof in Pretoria.

Kotzé (50), die sogenaamde “Modimolle-monster”, het na bewering in Januarie vanjaar vir Andries Sithole (42), Peter Mohlane (23) en Frans Mphaka (29) gehuur om sy vervreemde vrou te verkrag en te martel. Kotzé het glo ook Bonnette se seun, Conrad (19), doodgeskiet. Kotzé is vroeër vanjaar in die Weskoppies Psigiatriese-hospitaal geevalueer en daar is bevind dat hy toerekenbaar is om verhoor te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.