‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie

Johan Kotze en sy medebeskuldigdes (van links) Andries Sithole, Frans Mphaka en Pieta Mohlane Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Beweerde verkragter in die “Modimolle-monster”-saak het nie na die polisie gegaan nie, aangesien hy glo bang was dat hy onskuldig beskuldig sou word, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor.

Sello Mphaka was oortuig dat hy van die verminking van Johan Kotze se vrou, Ina Bonnette, en die moord op haar seun, Conrad, beskuldig sou word. Mphaka het dit benadruk dat hy Bonnette nie verkrag het nie, omdat dit fisies vir hom onmoontlik was. Hy voer aan hy het nooit gesien dat Kotze haar gemartel het nie en dat hy niks te doen gehad het met Conrad se moord nie.

“Die vrou weet goed dat ek haar nie verkrag het nie. Hy [Kotze] was daar op 3 Januarie, maar ek het haar nie verkrag nie,” het Mphaka gesê. Volgens Mphaka was Kotze vroeër die dag ‘n “goeie man” maar hy het later kwaad geword. Die hof het gehoor dat Kotze gedreig het om sy medebeskuldigdes te vermoor toe Mphaka en Pieta Mohlane geweier het om hul samewerking te gee toe hy opdrag gegee het dat hulle sy vrou moet verkrag. “Dit het my verras en ek was bang. Sy gesig het anders gelyk. Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie,” het Mphaka bygevoeg.

Kotze, Andries Sithole, Mohlane en Mphaka pleit almal onskuldig op die aanklagte van ontvoering, verkragting en poging tot moord op Bonnette en moord op haar 19-jarige seun, Conrad, in Kotze se huis in Modimolle op 3 Januarie 2012.

Onder kruisverhoor het Mphaka getuig dat hy en Mohlane aanvanklik na die polisie toe wou gaan, maar dat Sithole gesê het Kotze is ryk en welbekend in die gebied, en dat hy die polisie ken en dat hy hulle sou blameer. “Hy sê dit het niks met ons te doen nie. Dit is iets tussen die geliefdes [Kotze en Bonnette],” het Mphaka verduidelik. Mphaka sê hy en Sithole het gestry, en dat hy Sithole daarvan verdink het dat hy saam met Kotze werk en dat hy bewus was van die plan om Bonnette aan te val. Nadat hy herhaaldelik gevra is waarom hy nie na die polisie toe gegaan het nie, het Mphaka ‘n paar redes aangegee, insluitend dat hy bang was vir Kotze en die polisie.

Mphaka sê hy is na Kotze se huis om te werk, nie om te steel of te verkrag nie. Hy is daar weg sonder betaling vir die werk wat hy gedoen het en sonder om enigiets uit Kotze se huis te neem.

Piet Greyling, Kotze se advokaat, het Mphaka ondervra oor teenstrydighede in sy getuienis en het hom beskuldig dat hy sy weergawe van die voorval fabriseer het.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’-saak uitgestel
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
‘Modimolle-monster’: Sithole het glo gehuil
‘Modimolle-monster’ en Ina het glo ooreenkoms gehad
‘Modimolle-monster’: “Ons is gedwing” 
‘Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
‘Modimolle-monster’: Kliniese sielkundige volstaan met verslag
Kotze het geglo sy huwelik was ‘heilig’
‘Modimolle-monster’ glo hy het nie ‘n misdaad gepleeg nie
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Modimolle-monster vandag onder kruisverhoor
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
“Modimolle-monster” glo ‘onbevoeg’; dokter getuig
“Modimolle-monster” weer in hof
Man afgedank ná hy “Modimolle-monster” op Facebook ‘loof’
Modimolle-monster: Saak uitgestel
‘Modimolle-monster’: Kotze se brief opgespoor
Modimolle-monster: “Geen tekens van verkragting”
Modimolle-monster: ‘Martelinstrument’ het haar ook bevry
‘Modimolle-monster’ se vriend, dogter getuig
Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof 
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.